Padtoets: 2019 Mahindra KUV 100

Eienaardig, dog pret

Die Suider-Afrikaanse mark vind selde deesdae ‘n splinternuwe voertuig onder R200 000, met net enkele klein luikrug voertuie, wat die lyn haal. Die Mahindra KUV 100 is egter nou ook een van hierdie voertuie en bied goeie waarde vir geld.

Met eerste oog opslag lyk die KUV 100 baie vreemd, met eienaardige lyne en proporsies. Iets, wat dalk nie wenslik is op die oop pad nie. Met ‘n taamlike hoë ontwerp op hierdie klein voertuig het die KUV redelik gesukkel tydens ons toetsrit in die Kaapse Suidooster.

Tweedens is dit nie die kragtigste voertuig nie. Die 1.2 G80 (drie silinder) enjin versnel van nul tot 100km/h in 13.44 sekondes. Wel, nie veel meer kan verwag word van ‘n voertuig, wat 57kW en 190Nm het nie.

Verder, hardloop die vyf-spoed handrat teen hoë revolusies op die oop pad (3,000opm teen 120km/h). Wind- en padgeraas is ook prominent.

Die KUV 100 bied egter baie karakter en waarde vir geld, veral as dit oorweeg word hoeveel die voertuig kos. Ingesluit by die prys is LED dagligte, 243 liter bagasie stoorspasie
(473 liters met die agterste sitplekke afgeslaan), lugverkoeling, ABS, EBD, twee lugsakke, kragstuur, ‘n multi-funksionele stuurwiel, bloutand, USB en ‘n 12V konneksie.

‘n Outomatiese Stop / Aanskakel funksie is ook bygevoeg, hoewel ons ‘n paar keer met die voertuig tot stillstand gekom het en die slinger lank moes draai om die enjin aan te skakel. Die geheim met die KUV 100 is om jou voet heeltemal vanaf die koppelaar te haal, waarna die bestuurder weer die koppelaar moet trap. Selfs met hierdie, is die enjin se aanskakeling wel traag.

Brandstof verbruik is ook nie ideal vir hierdie drie silinder voertuig nie, met 9.1 liter / 100km, wat op die ou end van die dag die beste resultaat was. Vir ‘n 1,600kg voertuig word ‘n veel laer brandstof verbruik verwag.

Ons het dit wel nuttig gevind om die rathefboom reg bo by die bestuurder se arm te hê (direk langs die stuurwiel), wat ons effe soos ‘n Wêreld tydren kampioen laat voel het.

Ter afsluiting, bied die Mahindra KUV 100 tans goeie waarde vir geld en is dit een van die min voertuie, wat naby die R200,000 merk draai. Ons KUV 100 nxt 1.2 D75 K8 was egter effe duurder teen R224,999, maar bied ‘n waarborg van drie-jaar / 100,000km en ‘n drie-jaar / 50,000km diensplan.

Opmerkend is wel dat die KUV 100 Mahindra se verkope geweldig verbeter het in Suider-Afrika. Ter verstaande, veral as dit opgemerk word dat die KUV 100 nxt 1.2 G80 K2+ teen ‘n skrale prys van R137,999 verkoop word.

Met twee lugsakke, EBD en ABS, sowel as baie van dieselfde spesifikasies as die K8, is die K2+ een van die mees bekostigbare nuwe voertuie op ons mark, met veel beter veiligheids standaarde as die kompetisie in dieselfde prysklas.

Hoewel die K8 dalk baie sterker mededingers het, kan ons wel bevestig dat die K2+ ‘n baie goeie koop vir die prys is.


Performance:

0-10km/h: 0,58 seconds
0-20km/h: 1,18 seconds
0-30km/h: 1,79 seconds
0-40km/h: 3,00 seconds
0-50km/h: 4,02 seconds
0-60km/h: 5,23 seconds
0-70km/h: 6,99 seconds
0-80km/h: 8,67 seconds
0-90km/h: 10,99 seconds
0-100km/h: 13,44 seconds
0-110km/h: 16,33 seconds
0-120km/h: 21,01 seconds
0-130km/h: 26,38 seconds
0-140km/h: 34,44 seconds

0-100m: 7,86 seconds @ 75,44km/h
0-200m: 12,07 seconds @ 94,57km/h
0-300m: 15,62 seconds @ 107,76km/h
0-400m: 18,84 seconds @ 115,06km/h

100-0km/h: 3,17 seconds @ 45,23 metres (once-off)
Maximum deceleration G-force: 0.97G


0-10mph: 0,94 seconds
0-20mph: 2,01 seconds
0-30mph: 3,82 seconds
0-40mph: 6,13 seconds
0-50mph: 8,75 seconds
0-60mph: 12,53 seconds
0-70mph: 17,88 seconds
0-80mph: 25,69 seconds

1/4 mile: 18,91 seconds @ 71,62 mph

Maximum acceleration G-force: 0.55G

Altitude: 60m

All data captured by Racelogic® Performance Box

Leave a Comment