‘n Naweek reis met die nuwe Mazda 2
Die kleiner luikrug mark in Suider-Afrika is tans baie kompiterend, met vele keuses vanaf elke vervaardiger. Mazda het pas hul nuwe 2-reeks luikrug uitgebring met sewe model keuses. Ons het besluit om die nuwe model oor ‘n 800km roete te neem om te sien of dit kan kers vashou by die kompetisie.
Ons moet immers bieg dat hierdie voertuig redelik die oog tref. Met skerp lyne, is die nuwe Mazda 2 (eintlik die hele Mazda reeks) redelik aantreklik.

Op die oop pad langs die kus, het die 82kW/145 Nm, 1.5 liter (petrol) enjin goed gevaar. Met die ses-spoed outomatiese ratkas, het die voertuig heel gemaklik bestuur. Ratwisseling was gemaklik, met ietwat enjin klank en band geraas wat na die kajuit deurkom.
In die stad en teen steiltes het die enjin egter meer gesukkel. Sou die ratwisseling teen opdraandes egter nie na wense wees nie, het die bestuurder die keuse om self ratte te wissel met pedale agter die stuur. Skakel die enjin funksionaliteit oor na “sport” en die Mazda sal effe skerper reageer, maar nie te veel om oor huis toe te skryf nie.

Hoewel ons die voertuig vinniger vanaf stillstand na 100km/h kon kry (10.17 sekondes) as Mazda se eie 10.4 sekondes, is dit nie juis die vinnigste klein luikrug in sy klas nie.
Die voertuig is sagter as meeste van die kompetisie geveer, met ‘n branstof ekonomie wat onder die 7 liter per 100km loop.

Met ‘n 100-0km/h stop tydperk van 3.11 sekondes en ‘n afstand van 41.40 meter, kan die Mazda 2 as heel veilig beskou word. Ander funksies soos ses lugsakke, ABS en EBD, ‘n trurat kamera en ISOfix punte, maak die Mazda 2 ‘n heel goeie kompiterende voertuig in hierdie klas.
Waar die nuwe Mazda 2 wel uitstaan, is die binneruim en algehele funksionaliteit. Met alcantara en leer sitplekke, lyk die voertuig veel meer sportief as wat dit werklik is. Die binneruim het goeie gehalte bekleedsel en is verder toegerus met ‘n sewe-duim streelpaneel, navigasie, Bloutand en twee USB gleuwe.

Ander standaard funksies sluit ook spoed beheer, klimaat beheer, elektriese vensters en ‘n verstelbare stuur kolom in.
Die sitplekke self is baie gemaklik, met genoeg beenruimte in die tweede ry vir ‘n normale 1.7 meter lange persoon. Die sitplekke kan ook natuurlik in ‘n 60/40 formaat opslaan.

Vir net twee persone (vir die naweek), was die 280 liter bagasie ruimte net mooi genoeg. Hierdie is wel ‘n verdere nadeel van die Mazda 2, wat hier redelik agter die kompetisie is.
Die Mazda 2 Individual Plus outomaties word verkoop teen R286 200, met ‘n drie-jaar / onbepaalde km waarborg, sowel as ‘n drie-jaar / onbepaalde aantal km diensplan.

Die nuwe Mazda 2 is goed geprys en bied ‘n goeie kompiterende pakket in hierdie klas. Dit is ‘n gemaklike en rustige voertuig, om die oop kuspad mee aan te pak vir ‘n naweek. Dit kan egter problematies raak as die Mazda 2 meer persone en bagasie moet huisves.