‘n Brief aan Mercedes
Mercedes-Benz het tans ‘n geweldige kopseer, of so bleik dit in die onlangse nuus opskrifte. Met slegte verkope mag die nuwe X-klas dalk vanaf die mark getrek word. Dit is net mooi gedurende hierdie tydperk waar die (duurste) X350d dubbel-kajuit 4Matic “Power” aan ons toegerus is.
Minder as ‘n jaar gelede het ons die einste 250d dubbel-kajuit 4Matic getoets en hoewel ons positief wou wees oor Mercedes se eerste probeerslag in die bakkie-segment, kon ons nie help om meer negatiewes as positiewes uit te lig nie.
Met die X350d is my persepsie egter met 180-grade gedraai en voel ek veel meer positief oor die luukse vervaardiger se bakkie; of soos die Engelse dit sou noem: “pick-up”.
Ietwat onmoontlik om dit mis te kyk dat Mercedes en Nissan saam gewerk het om die X-klas te ontwikkel, was die ooreenstemming tussen die X250d en ‘n Navara voor die hand liggend. Met minimale Mercedes geinspireerde veranderinge aan die binneruim, sowel as die reuse embleem op die neus, het die X250d te veel soos ‘n vinnige oplossing (om die mark te betree) gevoel.
Dit is hier waar Mercedes die eerste fout gemaak het. Om die Suider-Afrikaanse mark te probeer binnedring met ‘n splinternuwe en onbekende bakkie, is soos om as ‘n ongenooide gas by die mees populêre tiener in Hoërskool se kuier op te daag, dit terwyl die proses aangehits is deur om jouself te vermom as een van die ‘bekende’ gesigte.
Die tweede spyker op die doodskis het in terme van die prys gekom. Mercedes-Benz word met goeie rede as een van die mees bekroonde Duitse vervaardigers aangewys, maar om in Suider-Afrika as nuweling die kroon te steel van die duurste SUV-bakkie, mag dalk ‘n stap te vêr gewees het.
Teen R973,188 (2019 pryse) is die X350d Power meer as R140,000 duurder as die ‘ander’ Duitse vervaardiger se 3.0 V6 4 Motion bakkie. Dit, terwyl die X-klas nog nie werklik bewyse kon lewer vir hierdie prys variasie nie.
Dit moet egter genoem word dat die X350d ‘n geweldige indruk gelaat het. Nes die kompetisie skop die X350d 190kW en 550Nm uit, bied uitmuntende 4×4 vermoë, en kan dit as ‘n SUV, sowel as ‘n werks-voertuig geklasifiseer word.
Wat egter meer uitgestaan het, was dat die X350d wêrelde apart was teenoor die X250d. Die laasgenoemde, met dieselfde ontwerp en enjin as die Navara, voel nie soos ‘n Mercedes nie, waar die X350d met die Duitse vervaardiger se eie enjin en ratkas (outomaties), voel veel meer eie aan Mercedes.
Met klimaat beheer, 18 duim allooi wiele, ‘n uitmuntende klank sisteem, goeie informasie stelsel, LED hoofligte, leer sitplekke en navgasie, is die X350d Power baie naby aan ‘n gemaklike SUV of familie-voertuig.
Met 222mm vanaf die grond, sowel as ‘n invals- en uitgaan hoeke en funksies soos elektroniese afdraand bystand, sukkel die X350d selde in die veld of in diep modder slote.
Met vyf bestuurs-funksies (Comfort, Sport, Eco, Offroad en Manual), kan die X350d met gemak enige grond oppervlakte aandurf. “Offroad” is ook beskikbaar met 4MAT (vir grondpaaie), 4H (vir rowwer grondpaaie) en 4L (vir klipperige en meer uitdagende steiltes).
Volgens ons is die X350d juis eie aan Mercedes en hoewel dit vele gelatingstreke vanaf die Navara het, kan die X350d en X250d geensins in dieselfde bootjie geplaas word nie.
Dit moet ook gesê word dat hierdie Mercedes se eerste probeerslag is in die bakkie segment (behalwe vir die G-Klas 6-wiel bakkie) en dat veel meer verwag kan word, sou die X-Klas vir ‘n tweede (her-) ontwerp gaan.
Met ‘n meer kompiterende prys, sal die X-Klas veel beter en self uiters suksesvol kan wees in die huidige bakkie mark.