Padtoets: 2019 Renault Kwid (ABS)

Kyk ma, ek het remme…

Sedert 2017 was ons baie gelukkig (of dalk ongelukkig) om die Renault Kwid reeks deeglik te toets. Die geleentheid is aan ons gebied om beide die AMT “outomaties” (hoe dit ookal geklasifiseer mag word) en handrat weergawes te kon toets en soos vele ander menings, was ons nie oorweldigend positief nie.

Die grootste probleem met die Kwid reeks, behalwe vir die AMT se seesiek neigings, was die veiligheid standaard van hierdie spesifieke voertuig. Dit was onverklaarbaar om te verstaan; “Waarom sou Renault, wat uiterse pligsgetroue veiligheids standaarde nakom, so ‘n voertuig op die pad plaas?”

Skuif egter vir eers die negatiewe uit die pad en die Renault kwid is tans die vierde hoogste verkoper in Suid Afrika. Nie net bied dit ‘n baie lae prys vir ‘n splinternuwe voertuig nie, maar het dit ook ‘n 180 mm hoë ryvlak en ‘n goed bemarkte, 300 liter bagasie ruimte.


Wel, met nog vele verbeteringe wat gemaak kan word, het Renault pas die Kwid se veiligheid opgeknap en dalk ook die verkope drasties verbeter. Met slegs 2000km op sy bande, het Renault die nuwe Kwid aan ons geleen vir ‘n week.

ABS… Is dit werklik nodig vir R8 000 meer?

Indien ons lesers nog nie na ons onlangse YouTube video’s gaan kyk het nie, gaan maak gerus ‘n draai:

En as u ooit gewonder het oor die belangrikheid van ABS in ‘n voertuig het Renault dit pas duidelik gestel.

Met geen ABS het die Kwid ons in ‘n oneindige 52.64 meter onbeheersde gly gestuur (vanaf 100-0 km/h). Beide vanaf die binne- en buitekant is hierdie ‘n vreesaanjaande aansig en moontlik die maklikste manier om gelowig te raak.

Met die nuwe ABS, is die rem tydperk en afstand korter en meer beheerd, nog meer so op ‘n nat pad. Renault het die belangrikste negatiewe geneem end it blitsig in ‘n positiewe verander. Hiervoor haal ons ons hoede af. Welgedaan Renault.

Kan die Kwid egter nog verbeter word?

ABS was definitief ‘n groot stap in die regte rigting, maar die Kwid is nog glad nie perfek nie. Ja, dit kan debatier word dat die Kwid ‘n intreevlak model is, maar sodra dit met ‘n 2003 intreevlak ikoniese voertuig of selfs ‘n ou Clio vergelyk word, kan Renault nog vele doen om die Kwid baie meer aantreklik en veilig te maak.

Een van hierdie is om hitte stroke (en ‘n ruitveër) op die agterste ruit te plaas. Op ‘n koue winters nag en met toegewasemde vensters is dit nie ideaal om die snelweg aan te durf met ‘n agterruit wat sukkel om te ontvries nie.

Ons verkies steeds die 5-spoed handrat weergawes bo die AMT. Met min krag in hierdie klein enjin is dit van kritieke belang om ratte op die regte tyd te verwissel. Die AMT laat dit ongelukkig nie toe nie, met die Kwid, wat selfs sukkel om groot en stadige trokke verby te steek voordat die aankomende bestuurder oorgaan vanaf kru handgebare tot afskryf sake. Met die handrat-model het die bestuurder die vryheid om ratte self te wissel en ‘n bult uit te ry. As koper spaar jy ook ‘n baie goeie R10 000.

Die goeie

Met ‘n 1 liter, 3 silinder petrol enjin is die Kwid wel een van die ligste voertuie op die huidige mark. Verder word die handrat weergawe (1.0 liter SCe) teen R144 900 verkoop met ‘n sterk 5-jaar / 150 000km meganiese waarborg, 2-jaar diensplan en ‘n 6-jaar anti-roes waarborg.

Die Kwid ABS is ‘n geweldige verbetering en ‘n definitiewe stap in die regte rigting, maar ons sien nog meer uit om die 2020 model te toets en glo dat hierdie spesifieke model reeks ons krappigheid sal sus.


1 thought on “Padtoets: 2019 Renault Kwid (ABS)”

Leave a Comment