Padtoets: 2020 Ford Mustang 5.0 GT

‘n Brullende, 331kW / 529Nm, 10-spoed monster vir onder R1 miljoen? Ja, jy het reg gelees. Die Ford Mustang 5.0 liter v8 GT word tans in Suider Afrika vir net R915 800 verkoop. In vergelyking met die kompetisie, mag hierdie dalk net ‘n winskoop wees.



Ons erken dat die koms van die elektriese motor ons geweldig intereseer en met goeie rede. Die tegnologie is besig om al meer bekostigbaar, belowend en bereikbaar te word.

Terselfdetyd moet ons ook bieg dat ‘n v8 enjin steeds daardie hardklop steeds opstoot. Die koms van die Mustang 5.0 GT het my vir ‘n week lank laat glimlag en bloos soos ‘n tiener, wat vir die eerste keer verlief is, maar terselfdetyd ook redelik bang gemaak het.

Dis ‘n vreemde sensasie.

My poging om my nuwe bure te bevriend is ongelukkig iets van die verlede. Sien, ek hou daarvan om relatief vroeg na die werk te ry en rustig my dag aan die gang te kry. My pas-wakende bure was egter nie so gelukkig met hierdie brullende en koue v8, wat bombasties deur die skemer lug breuk nie.

Les geleer; Teensy jou bure nie werklike petrol-koppe is nie, is die Mustang nie die perfekte voertuig om aan te koop as jy baie naby aan ander bly nie.

Les twee: Die 12.1 liter / 100km figuur vanaf Ford is redelik moeilik om te haal, maar hierdie is egter meer te make met die feit dat hierdie ‘n V8 is en nie ligvoets gery sal word nie. Die 10-spoed outomatiese ratkas (met agter-stuur wisseling) help op die lang pad en dit moet erken word dat die V8 die sagte brul van ‘n Leonard Cohen klankgreep aanneem. Die enigste pad geraas, wat egter deurkom, is die van die enorme lae-profiel bande.

Persoonlik is my stereotipes oor die Mustang egter gebreek en bied dit uitstekende langpad gemak met die suspensie, wat sag geveer is, in kontras met baie ander GT’s tans op die mark.

Plant egter jou regter voet neer in die “Normal” verstelling en die outomatiese ratkas spring onmiddelik na 4de, met die Leonard Cohen stem, wat in ‘n grond-verskeurende klankgreep verander soos die naal na 8000 opm opskuif.

Bygesê is die vervanging van ‘n handrat na die 10-spoed ratkas nie ideal vir hierdie voertuig se aard nie. Dit pas baie goed met Ford se ander voertuie, maar pas egter nie goed in met die Mustang pakket nie.

Natuurlik is daar ‘n Sport plus, Race, Drag en sneeu/gru-weer funksie, maar ons was maar al te gelukkig om in “Normal” te bly, met die agterstewe, wat selfs ‘n bietjie ‘krapperig’ raak teen lae spoed (selfs in die mees basiese funksie).

0-100Km/h word natuurlik ook mee afgereken in 4.3 sekondes, te danke aan die Mustang se voorkeur vir die gebruik van die agterwiele.

Die nuwe Mustang GT Fastback doen ook die GT naam goed deur om ‘n goeie praktiese kant ook te wys. Met ‘n goed gepaste binneruim, bevat die GT Fastback ‘n 12-duim informasie sisteem, Ford se SYNC3 sisteem met Apple CarPlay en Android Auto, sowel as Bloutand, stem beheer en USB.

Natuurlik het die Mustang ook van Ford se nuutste veiligheids tegnologie in, waarvan afstands-beheer, spoed beheer, 7 lugsakke, ABS met EBD, rem bystand en elektroniese stabiliteits beheer met traksie beheer, maar net sommige van die standaard tegnologie. Verder tel die Mustang ook pendelaar op en help tegnologiese aanpassings om botsings te verhoed.

Voorste passasiers het ook geweldig baie kop- en been spasie, terwyls die agterste sitplek ry nie eintlik bedoel is vir volwassenes nie, maar eerder kleiner wesens of ekstra pakplek. Die kattebak bied ook 382 liter se stoorspasie, wat baie goed is vir hierdie tipe voertuig.

Persoonlik het ek die Mustang GT Fastback geweldig geniet, maar kan ek egter nie ons lesers verseker van my bure se geluk nie.

Die Ford Mustang 5.0 GT Fastback is geprys teeh R915 800 en word verkoop met ‘n skaflike 4-jaar/ 120 000km waarborg en 6-jaar/ 90 000km diensplan.

Leave a Comment