Skuif opsy, die baas het opgedaag
Geskep om enige landskap te troef, is die oorspronklike Land Rover Defender in die 1940’s aan die lewe gebring as ‘n simplistiese, dog dominerende masjien. So suksesvol was die ontwerp, dat Land Rover slegs net meer as ‘n dekade na die bekendstelling, meer as ‘n half miljoen eenhede produseer het.
Elkeen van ons ken of weet tenminste van iemand, wat ‘n kannie-dood Defender aanhanger is of dalk vele modelle alreeds besit het.
Soos met alles in die lewe, word verbetering, vernuwing en evolusie egter nagestreef soos tye verander, en met die Defender is dit ongelukkig ook van toepassing. Na net meer as 70 jaar se bestaan, is daar aangekondig dat die Defender soos ons dit ken, nie meer sou wees nie, maar dat ‘n nuwer, dog meer tegnologiese gevorderde iterasie op die horison lê.
Die Amerikaners en Duitsers het reeds hierdie moeilike tog van ikoniese voertuig hernuwing (of eerder; herontwerp) aangepak en nou is dit die beurt van die Britte. ‘n Langdurige dunkskrum het vir Land Rover voorgelê met die wete dat daar altyd individue sou wees wat vir en teen die konsep sou wees.
Aan die einde van 2020 is my kollega na die Defender bekendstelling gestuur; ‘n onvergeetlike Wes-Kaapse toer saam met die Land Rover span en Kingsley Holgate. Natuurlik is die res van ons daarna gedurig hieraan herinner. Ons was gereserveerd en het besluit om eerder ons eie opinies te vorm na afloop van ons eie, persoonlike interaksie met die nuwe Defender.
Sedert die Internasional bekestelling, het Land Rover meer as 70 000 eenhede van die nuwe Defenders verkoop, sowel as 50 Internasionale toekenings ingepalm.
Nietemin, na een ongelooflike week met die Defender, moet ek bieg, dat nes my kollega, ek ook nou oorgeswaai het na die Defender geloof. Nog nooit van tevore het ek ‘n voertuig op toets gehad, waarna so baie mense geswig het nie. Terselfdetyd is dit ook aangenaam om met die nuwe Defender rond te ry en steeds die mede-Defender (of Land Rover) groet op die pad te kry (Ja ek ken die grappies…). Hierdie gaan ek mis.
Natuurlik is daar ‘n geweldige generasie gaping tussen die nuwe- en oorspronklike Defender, maar dit is hier waar baie die pot mis sit. Die nuwe Defender mag dalk ‘n tegnologiese meesterstuk wees, veel anders as die Defender van die 40’s, maar kan (en sal) dit steeds as ‘n dominante veelvoudige-terrein voertuig bekenstaan vir vele jare.
Blaai deur ‘n tydskrif / koerant en die nuwe Defender word gesien as verheerlikde Discovery. Sien dit in ware kleure en daardie prentjie word egter ten volle vervang. Gedurende ons Defender toetsweek, het talle Evoque, Discovery, Velar en selfs Range Rover eienaars aan my genoem dat die nuwe Defender dalk net die volgende stap sal wees.
Nie net is dit ‘n praktiese familie motor nie, maar is dit absoluut finominaal in die bosveld. Ons P400 eenheid, met ‘n reguit-ses, 294kW en 550Nm enjin het ook die 100km/h mylpaal gehaal in net meer as 7 sekondes. Aan brute krag is daar dan ook geen tekortkominge nie.
Met Land Rover se onlangse aankondiging dat die Defender reeks ook met ‘n 5.0 liter v8 “supercharged” (386kW) en hibriede krag eenheid aangevul sal word, wonder ons of Land Rover nie dalk nét Defenders in die toekoms sal verkoop nie. Hoekom dan ‘n Range Rover Sport, Discovery of Velar besit, as jy vir ‘n fraksie meer (of selfs dieselfde prys) ‘n veel meer alomvattende pakket kan aanskaf?
Ja, die kritici is korrek met die opmerking dat die nuwe Defender baie meer tegnologies gevorderd is, maar dit beteken egter nie dat die Defender vir die einste rede sy identiteit verloor het nie. Nes die Defender van die 40’s revolusionêr was, is die nuwe Defender ook so in eie reg.
Oorspronklik was die Defender die enigste Land Rover produk op die mark, met ander Land Rover variante, wat eers in die 1960’s ‘n verskyning gemaak het.
Huidiglik mag die prentjie dalk vele anders lyk, met die Land Rover groep, wat 7 verskeie modelle in Suider Afrika verkoop. Pleks daarvan dat die Defender nou die enigste Land Rover op die mark is, is dit wel steeds dié Land Rover om te besit!