Suzuki se suksesvolle Swift bied nou selfs meer waarde

Bekendstelling: 2021 Suzuki Swift opgradering

Sedert die bekendstelling van die nuwe Suzuki Swift model in Suider Afrika in 2018, het die vervaardiger reuse sukses ondergaan. Nie net word die rekord verkoop syfers van die vervaardiger amper elke maand herskryf nie, maar het die huidige Swift model erkenbare “Voertuig van die jaar” nominasies gekry in Europa, Japan en Suid-Afrika. Nou, met selfs meer opgraderings, is die Swift gereed om selfs vinniger te verkoop.

Daar is nog verdere goeie nuus. Selde is dit deesdae moontlik om ‘n nuwe en goeie prys pakket onder die R200 000 merk te kry. Soos voorheen, sal die Swift se GA en GL modelle steeds onder hierdie pryspunt val, met die duurste GLX (outomaties) model, wat net bo R230 000 verkoop sal word.

In 2018 het ons na die Ooskus gereis om die (toe) nuwe Suzuki Swift op die paaie van Kwazulu Natal te toets. Op die uitgestrekte paaie, met deeltelikse stedelike gedeeltes het die K12M petrol enjin goed getoets. Ons was baie ingenome met die brandstof verbruik, (5.1 liter per 100km) wat hierdie 61kW (teen 6 000 opm) en 112Nm (teen 4200 opm) enjin gelewer het. Dus is ons bly om te hoor dat die nuwe Suzuki steeds by hierdie wenresep bly.

Die ontwerp van die Swift se bakwerk bly grootendeels dieselfde, terwyl die nuwe model ‘n chroom afwerking op die voorkant sal byvoeg om die Swift meer sportief te laat lyk. Terselfdetyd sal die GL en GLX modelle ook voorste misligte bykry. Die intreevlak, GA modelle sal ook volle wiel omslae kry.

Die GL model sal ook trurat parkering sensors as standaardbykry terwyl ‘n veelvoudige bakwerk kleurskema ook as opsioneël bygevoeg kan word. Die GLX sal as standaar ook nou ‘n hoë-resolusie trurat kamera, sowel as 15-duim allooi wiele kry.

In terme van veiligheid sal elke Swift outomatiese (AMT) model nou ook bult-wegtrek bystand en elektroniese stabiliteits beheer kry by die reeds standaard lugsakke en ABS (met EBD). Elke model sal ook met ISOFIX punte en ‘n alarm stelsel kom.

Bykomend sal elke model toegerus word met elektriese vensters, lugversorging, en ‘n sentrale sluit funksie. Die GL modelle sal met misligte, ‘n klank sisteem met USB en AUX punte, sowel as elektroniese sy-spieëltjies toegerus word.

Die top GLX modelle sal klimaat beheer, sleutellose toegang, ‘n start / stop knoppie en 15 duim allooi wiele kry. Dit sal ook voubare sy-spieëltjies, ‘n raakskerm met Apple CarPlay / Android Auto en ‘n trurat kamera kry.

Elk van die Swift modelle sal met ‘n 2-jaar / 30 000km diensplan en ‘n 5-jaar / 200 000km waarborg verkoop word.

Die 2021 reeks sal uit die volgende Swift modelle bestaan:

  • 1.2 GA handrat (R180 900)
  • 1.2 GL handrat  (R199 900)
  • 1.2 GL outomaties (R214 900)
  • 1.2 GLX handrat  (R218 900)
  • 1.2 GLX outomaties (R234 900)

Teks: Franco Theron
Foto’s: Suzuki Suid Afrika

Leave a Comment