Agya neem die aflos oor…
Motor kritici het oor die afgelope paar jare geweldig baie pret gehad om vervaardigers soos Renault en Datsun teen die mure uit te dryf en aanhoudend terug na die dinkskrum te stuur om modelle soos die Kwid en Datsun Go te verbeter.
(adsbygoogle = window.adsbygoogle || []).push({});
Van hierdie kritiek het gelei daartoe dat hierdie einste vervaardigers konstante en klein veranderinge uitgebring het soos een nuwe addisionele lugsak, ABS en die mees onlangse verandering, ‘n outomatiese ratkas.
Hoewel nie een van ons by NamWheels.com te mal is oor goedkoop outomatiese ratkaste nie en eerder die goedkoper handrat weergawes sal neem, is daar ‘n spesifieke rede vir hierdie neiging. Met ‘n algehele mark navraag na outomatiese ratkaste, verkies nuwe, jong eerste-keer kopers ook om eerder na outomaties te neig.
Siende dat Datsun en Renault stelselmatig verbeteringe aangebring het, kan verveelde kritici wel opgewonde wees, want daar is ‘n nuwe intreevlak model om die gek mee te skeer.
“…‘n nuwe intreevlak model…”
Hierdie was aanvanklik my gedagtes toe ek die nuwe Toyota Agyo se sleutels ontvang het. Na ‘n naweek met die Agya het my opinie en kritiek egter verminder, veral as dit teen die kompetisie opgeweeg word.
Terwyl die Peugeot 108 en Hyundai Atos steeds die voorloopers in hierdie kategorie is, het Toyota dit goed reg gekry om die kompetisie se aanvanklike tekortkominge noukerig dop te hou.
Een hiervan is die simplistiese byvoeging van ‘n ruitveër vir die agterste ruit. Verder neem Toyota ook (volgens ons) ‘n baie sinvolle besluit om eerder te fokus op veiligheid in plaas van “fancy” streel panele en informasie sisteme.
Natuurlik is dit “fancy” om altyd die nuutste en beste tegnologie in jou voertuig te hê, maar nie in die plek van veiligheid soos lugsakke en ‘n sterk onderstel nie. Vele vervaardigers maak steeds die einste fout met hul intree-vlak modelle.
Hoewel Bluetooth en USB funksionaliteit ingeluit word, is daar geen spoggerige 7 duim kleur streel paneel nie (hoewel hierdie as ‘n opsionele ekstra bestel kan word), maar eerder twee voorste lugsakke, vier elektriese vensters, ABS met EBD. Gemeet teenoor die Datsun Go en die Kwid, doen die Agya klaarblyklik beter in terme van veiligheid.
‘n Tekortkoming met die Agya is wel die verskuiwing / verandering van die bestuurs-posisie. Beide die stuurkolom en sitplek-hoogte kan nie verskuif word nie, wat bitter nadelig is vir die gemak van die bestuurder.
In terme van beenspasie in die tweede ry, is die Agya beslis ‘n segment voorloper and kan persone onder ‘n lengte van 1.9 meter gemaklik sit. Die kattebak het wel net 260 liter stoorspasie, maar is voldoende vir hierdie segment.
Enjin gewys is ons toetsmodel toegerus met ‘n 1 liter petrol enjin, wat 50kW en 89 Nm verskaf. Teen 835kg is hierdie dan ook nie een van die swaarste voertuie op die mark nie en kan dit dus ‘n brandstof-verbruik onder 5 liter / 100km lewer.
Met 4 persone in die voertuig, het die 4-gang outomatiese ratkas redelik gesukkel om die maksimum energie uit die enjin te tap. Selfs op die oop-pad, met net twee persone (en bagasie) in die voertuig, sou ons eerder die R14,000 goedkoper 5-spoed handrat weergawe verkies het.
Toyota het dit goed reg gekry om die nuwe Agya vir minder as R200,000 te verkoop (R196,300 vir die duurste model) met ‘n waarborg van 3-jaar / 100,000km en ‘n 2-dienste / 20,000km diensplan.
Na die uitvassering van die ikoniese Tazz model, het die Etios nie veel gedoen om die Japanese vervaardiger se naam hoog te hou nie. Met die koms van die Agya sien ons wel uit na wat die vervaardige kan verrig in hierdie bitter kompiterende intree-vlak segment.