Padtoets: 2020 Toyota Corolla

Die her-ontwaking van die sedan

Twaalf generasies en vyftig jaar aan. Toyota se Corolla is soos daardie bekende komedie reeks, wat net nie einde kry nie en in almal se huise inkruip.



Gereelde NamWheels en Galimoto Media volgers sal al te bewus wees van ons teenstryd met die aneksering van die Sports-nuts voertuie (SUV) mark. Dit is nie dat ons een-honderd present gekant is teen SUV’s nie. Eerder is ons teen die beweging om ‘n voertuig gereed te laat lyk vir die grondpad (wat ‘n stedelike inwoner natuurlik elke naweek gaan aandurf), terwyl daar vele nuwe sedan modelle is, wat meer sal kan baas raak as die klein-SUV mark.

Natuurlik het die SUV mark sy voordele. Nie net is dit effens hoër vir daardie “uitkyk punt” in die verkeer nie, maar blyk dit ook die insittendes veiliger te laat voel en sypaadjies met meer selfversekering laat aandurf.

Gaan hou egter gerus een middag stil by ‘n skool en hou die ouers dop met hul splinternuwe klein- na medium SUV’s; waarvan die meerderheid maar net te skrikkerig is om die voertuig teen die sypaadjie op te laat ry.

Ek is jammer om so reguit te wees, maar behalwe vir die voordele vir ouer mense (met heup probleme), hoe wil jy die grondpad met jou baba SUV aandurf as jy nog nie verstandelik gereed is om teen die sypaadjie op te ry nie?

Ok, is jy klaar met jou vloerm**r en wat is die punt van hierdie artikel?

Bygesê moes vervaardigers vinnig spring om baat te vind by die nuwe mode en met eie reg, is daar uitstekende SUV’s tans op die mark (dit tel nié vir almal nie), maar ongelukkig teen die onkoste van vele sedan motors, wat uit die mark getrek moes word weens ‘n afname in aankope.

Neem maar net Toyota se staatmaker Corolla model as voorbeeld. Nog altyd ‘n staatmaker vir groot families, het die Corolla die perfekte middelpunt gebied vir bekostigbare en praktiese vervoer. Met die koms van SUV’s, is die Corolla forseer om in die hande van ouer bestuurders en toeriste te val. ‘n Negatiewe stereotipe word natuurlik onmiddelik gekoppel aan die Corolla, terwyl vele ander SUV’s eintlik die oorsprong van hierdie probleem is, en terselfdetyd veel slegter kwaliteit bied (selfs op ‘n grondpad of sypaadjie).

Waarom soek ek ‘n Corolla as ek ‘n groot familie in ‘n SUV kan druk?

Die Corolla was nog altyd as die wenresep vir enige groot familie beskou. Nie te lank gelede nie, is die Corolla amper in elke familie se motorhuis gevind, gereed om die langpad aan te pak.

Die nuwe Corolla luikrug was vir ons ‘n wenner uit vele oogpunte, met selfs die CVT-weergawe wat ongelooflik gerieflik in beide die stad en op die oop pad was. Die luikrug het egter een aspek gemis, waarvan stoorspasie in die kattebak selfs vir net 3 persone, ‘n ingeneur dinkskrum moes uitbring.

Die luikrug is ideaal vir ‘n gesin van twee of twee plus ‘n miniatuur wese.

Die nuwe sedan, met ‘n pak volume van 470l, laat die Corolla vele kleiner en soortgelyke SUV’s goed laat les opsê.

Natuurlik is branstof ekonomie ook ‘n uitskieter, met die Corolla, wat net onder 800km kan handhaaf en net skraal van 7 liter per 100km kry. Vergelyk hierdie met ‘n soortgelyke SUV en die Corolla staan kop-bo-skouers (wel, figuurlik).

Been spasie in beide die voorste en tweede ry is egter nie ‘n probleem nie, met vier volgroeide wesens, wat gemaklik hulself kan vestig vir die langpad.

Ons 2.0 XR handrat model het aangeland met leer sitplekke (met elektroniese verskuiwing), sleutellose toegang- en aanskakeling, aanpasbare spoed-beheer, elektriese vensters, ‘n multi-funksionele stuurwiel en trurat-kamera.

Verder het die XR model ook ‘n informasie sisteem met Android Auto en Apple CarPlay, ‘n USB punt en Bloutand.

Hoewel die sedan effe harder geveer is as ‘n Corolla luikrug, bied dit steeds ‘n gemaklike rit. ‘n Ses-spoed handrat word gedryf deur ‘n 2.0 liter petrol enjin, wat 125kW en 200Nm verskaf. Dit mag miskien nie na baie klink nie, dog is hierdie kragbron vinnig om daardie nommers uit te stoot teen hoë revolusies.

Oor die afgelope maande het ons die geleentheid gehad om ‘n paar sedans, sowel as SUV’s te toets. Die Corolla sedan het weereens bewys, waarom die geweldige sprong na SUV’s dalk onnodig is.

Hier is as te ware ‘n sedan, wat dieselfde waarde-vir-geld bied as ‘n SUV, wat veel stywer geprys mag wees. Wanneer R420,500 in orweging gebring word sal die waarde van die nuwe Corolla vinnig opmeet teenoor elke ander kompiteerder.

Leave a Comment