Die perfekte voertuig bestaan nie…
Suid-Afrikaners oor die algemeen is behep met die SUV of Sports nuts voertuig beweging. Die rede hiervoor is simplisties. ‘n Groter voertuig, wat meer bied vir ‘n groter familie en goeie volumes bevat vir pakplek.
Hoe gemaak dan vir ‘n familie van twee, wat ‘n voertuig in die stad wil gebruik, maar ook wil weggaan vir naweek hier en daar?
Ek moet bieg, dat ek myself onder dieselfde kam moet skeer, wanneer ek die soektog aanpak vir ‘n nuwe naweek en stedelike motor, maar ook self in dieselfde gat val en op die ou end na SUV’s kyk.
Natuurlik is voertuie soos Volkswagen se T-cross en Tiguan ‘n reuse sukses, en sal die T-Roc ook natuurlik wees in November, maar na my afgelope toets met die nuwe Caddy kan ek nie help om te dink dat hierdie eintlik die ideale voertuig is, wat almal mis kyk nie.
Kom ons wees reguit; in ‘n huidige mark, waar half-ton bakkies in die minderheid is, is die Caddy ‘n uitstekende plaasvervanger en is dit in staat om alle gereedskap (klein en groot) te stoor. Oor die afgelope paar jare, het die Caddy egter ontwikkel om meer van ‘n familie motor te wees. Iets waaroor private maatskappye en individue spog op sosiale media webblaaie soos Pinterest en Instagram.
Die Caddy het geen beperkings en kan vir absoluut enige doel gebruik word. Die enigste wens (‘n skimp aan ons Volkswagen vriende) is om die Caddy 4Motion PanAmericana konsep, ‘n realiteit te maak. Met die aanpassing van 4-trek verrigtinge, sal die Caddy onweerstaanbaar wees in ‘n land soos ons eie asook die grondpaaie van Namibië.
Met ‘n wielbasis van 2686 mm (4408 mm in total) is daar nie net oorgenoeg stoor- en beenspasie vir al die insittendes nie, maar kan die tweede ry uitgehaal word, om ‘n opvou bed (met stoor kompartemente) agter te plaas. Met reuse kop spasie, kan ‘n branderplank of bergfiets self ingedruk word sonder om te sukkel met die ontkoppeling van die wiele (soos in vele ander SUV’s).
Uiteindelik kan die Caddy die perfekte Grand Tourer word.
Genoeg van die dag dromery; wat kan ek verwag met die nuwe Caddy?
Die nuwe Caddy word nie meer gedryf deur die oudtydse 4-silinder enjin nie, maar eerder die veel ratser 3-silinder 1.0 liter TSI. Net so gepas soos hierdie enjin is binne enige nuwe Polo, pas die enjin ook perfek by die Caddy.
Met 75kW en 175Nm is die enjin egalig en sag met n skrale brandstof verbruik van 6.0 liter per 100km.
Teen 1858mm is die Caddy nie baie kort nie, maar voel dit ook nooit ongemaklik op die pad nie. Selfs tydens die ergste Oktober Wes-Kaapse winde.
Met die binneruim van die Caddy, wat die Golf en die Polo naboots, voel dit veel meer soos ‘n luikrug, eerder as ‘n hoë en ongemaklike kombi.
Standaard word die Caddy ook toegerus met bestuurder waarskuwings sisteme, stof filters, elektroniese lugversorging, ‘n multifuksionele informasie sisteem, ‘n 12-Volt punt, USB konnektiwiteit, band druk meters, ‘n multifunksionele leer stuurwiel and stembeheer. Hierdie is egter net ‘n paar van die standaard funksies. Sien gerus waarmee die Caddy nog toegerus is deur om hierdie skakel te gebruik: https://www.vw.co.za/en/models-and-configurator/caddy-trendline-alltrack.html
Die 5de generasie van die Caddy is reeds oppad na Suider Afrika en sal die continent bereik in 2021. Die Caddy California is ook ge-oogmerk om in dieselfde jaar te kom en sal meer “kamp” vriendelik wees.
Hoewel hierdie ‘n baie opwindende vooruitsiening is, hoop ons steeds vir die 4-wiel trek Caddy vir die grondpad.
Hoewel Volkswagen steeds die Paneel wa vanaf R329 200 en die “Crew bus” vanaf R320 000 verkoop, kan die Trendline (ons toets model) aangekoop word vanaf R382 500. Opsionele ekstra’s soos parkering hup met ‘n trurat kamera (R9 433) en ‘n sleepwa stand (R7 365) kan ook aangekoop word.