Padtoets: 2021 Ford Ranger FX4

Nog ‘n Ranger?

Die lok video van die 2022 Ford Ranger mag dalk op almal se lippe wees, maar die vervaardiger het egter nie gaan stilsit en hul huidige Ranger reeks gelos nie. Hoewel ander vervaardigers dalk hier en daar ‘n spesiale weergawe van hul bakkies uitbring, is Ford beslis die uitstaander met hul Ranger reeks spesiale modelle.

Natuurlik is hierdie met goeie rede, siende dat Ford en Toyota konstant wissel in terme van die beste bakkie verkopers.

Ons het laas ‘n FX4 in 2018 getoets met die toé 3.2 liter, 147kW en 470Nm engine. Met die koms van die Ranger Raptor het Ford se fokus verskuif na 2.0 liter bi-turbo enjins. Hoewel die nuwe 2.0 liter, 4-silinder turbodiesel in die 2021 FX4, net 132kW en 420Nm lewer, is dit veel meer lewendig as die ou 3.2 liter. So ook vervang die nuwe 10-spoed outomatiese ratkas, die ou 6-spoed outomatiese ratkas. In ruil verseker dit stiller en laer revolusies, sowel as ‘n algehele brandstof verbruik net oor die 8.0 liter per 100km.

Verder is die FX4 ook 4×4 en kan dit, nes die 3.2 liter modelle, ook 3 500kg sleep (‘n trekstang word as standaard bygevoeg).

Hoewel die huidige generasie van die Ranger al sedert 2011 op die mark is, bly dit steeds relevant, soos verkoopsgetalle aandui. Hierdie is te danke aan die konstante bekendstelling van nuwe spesiale uitgawes.

Wat presies is die FX-4 en waar pas dit in die Ranger reeks?

Die FX-4 is eintlik maar ‘n top-gespesifieerde XLT Ranger met die nuutste tegnologie en bakwerk stylerings.

Die FX4 is gemik op stedelike bakkie bestuurders, wat die voertuig gebruik om oor naweke dalk die fietse, branderplank of selfs die honde wil uitneem. Dit is ‘n bakkie, wat gemik is op luuksheid, dog ook op werksverigting.

Verder is die hantering van die FX-4 baie gemaklik, die stuur lig en die algehele padgeraas maar min. Klim van die snelweg af in die sagte sandgrond en die 4×4 en kruiprat funksies sal help om die bakkie met gemak oor hierdie oppervlakte te laat ry. Klim weer terug op die snelweg en selfs ‘n “Sport” funksie sal help om die wiele weer vinning aan die rol te kry en verkeer verby te neem.

Wat hierdie bakkie nog meer gepas maak vir die stedelike oppervlaktes, is dat die agterste suspensie veel sagter is as die van die kompetisie. Verder is die FX-4 baie maklik om te bestuur, in ag genome dat hierdie ‘n reuse voertuig is. Hierdie is te danke aan die ligte, dog direkte kragstuur. Natuurlik help die voor- en agter parkeer sensors en trurat kamera ook om enige “klein” ongelukke te verhoed.

Anders as on 2018 FX-4 toetsmodel, wat pikswart was, is die nuwe FX-4 helder rooi, met ‘n swart voorste- en sywaartse buffer. Op die agterste laaibak is daar ook ‘n swart versterkings buffer geplaas. Moet ook nie vergeet dat Ford ‘n innoverende ligte laaibak “flap” het nie, wat dus baie maklik is om met een hand oop- en toe te maak.

Hoewel hierdie generasie ook vining verouder, is die binneruim steeds baie modern en luuks met Ford se Sync3 informasie sisteem, wat Apple CarPlay en Android Auto, Bluetooth en USB as standaard bied. Verder kom die FX-4 ook met spoed beheer, outomatiese reën sensors, outomatiese hoofligte en sleutellose toegang.

Die FX-4 XLT word geprys teen R712 300 met ‘n 4-jaar / 120 000km waarborg en ‘n 6-jaar / 90 000km diensplan.

Teenoor ander dubbel kajuit 4×4 Ranger bakkies, is die FX-4  sowat R127 600 goedkoper as die Thunder model, R94 200 goedkoper as die normale Wildtrak model en R208 000 goedkoper as die Raptor.

Natuurlik is die Raptor in ‘n klas van sy eie en is om daardie rede veel duurder, maar om ons eerlike opinie te lewer, kan ons nie werklik die prysverskil tussen die Thunder, Wildtrak en FX-4 verduidelik nie.

Dus  is die FX-4 eintlik ‘n uitstekende koop e nook ietwat goedkoper as meeste ander vervaardigers se dubbelkajuit 4×4 bakkies.

Ford het beslis die huidige T6 generasie goed afgeeindig!

Leave a Comment