Nog ‘n Ranger?
Die lok video van die 2022 Ford Ranger mag dalk op almal se lippe wees, maar die vervaardiger het egter nie gaan stilsit en hul huidige Ranger reeks gelos nie. Hoewel ander vervaardigers dalk hier en daar ‘n spesiale weergawe van hul bakkies uitbring, is Ford beslis die uitstaander met hul Ranger reeks spesiale modelle.