Toyota se nuwe Corolla Cross gereed om die mark om te keer:
Toyota se nuwe hybrid modelle het die Suider-Afrikaanse mark met ‘n storm getref. Nie net is Toyota sinoniem met betroubaarheid nie, maar bied die vervaardiger ook die beste pryse vir hibriede voertuie in die huidige mark. Hierdie is danksy hul Kwazulu-Natal plant, wat vervaardigings kostes aansienlik minder maak as die ingevoerde kompetisie.
Ons het die sleutels van die Corolla Cross omgeruil met dié van die Corolla Xs Hybrid, wat die vorige week getoets is; ‘n voertuig waarmee ons baie in ons noppies was. Met die 43-liter brandstof tenk vol, het die Corolla ‘n beraamde afstand van 800km gegee. Na ‘n week se rondrits in- en om die stad (altesaam 250km), het ons nog ‘n driekwart tenk (sowat 593km) oorgehad en was die algehele brandstof verbruik 4.9 liter per 100km.
Dit is miskien nie Toyota se aanvanklike syfer van 3.5 liter per 100km nie, maar om die branstof verbruik so laag te sien in ‘n 1.8l natuurlike aangedrewe 5-sitplek sedan, was steeds baie verassend. Terselfdetyd was die voertuig ook prakties met ‘n moderne binneruim, en met gemaklike vering. Toyota het nie rondgemors met die vering om dit so “sportief” moontlik te maak nie, maar eerder om ‘n praktiese voertuig te vervaardig, wat ook gemaklik is.
Teen R419 000 sien ons hierdie nuwe Corolla Xs Hybrid dus as ‘n winskoop.
Nou vir die Corolla Cross Xs Hybrid. Teen R6000 goedkoper as die Corolla Xs Hybrid en nog ‘n kompakte SUV daarby, word daar voorspel dat die Corolla Cross soos soetkoek gaan verkoop. Dit maak sin, siende dat die voorwiel-aangedrewe voertuig ‘n grondvlak hoogte van 161mm het, waar die Corolla self net 135mm hoog staan. Die Cross word dus as die perfekte stads voertuig gesien, terwyl dit ook gerieflike grondpaaie sal kan aanpak.
Met 440 liter se pakplek, het die Cross egter 30 liter minder as die Corolla sedan.
Terwyl beide voertuie aangedryf word deur ‘n 1.8 liter petrol enjin (met 72kW en 142Nm-53kW en 163Nm ekstra vanaf die hybrid sisteem) en 7-spoed CVT ratkas, is die Cross ietwat swaarder in terme van algehele brandstof verbruik. Oorspronklik het Toyota self genoem dat die Corolla Cross instaat is tot ‘n verbruik van 4.3 liter per 100km. Vele ander het egter gevind dat hierdie syfer naby aan 5.3l draai na toetse.
Tydens ons toets het ons egter die voertuig nie net in die stad gebruik nie, maar ook onderandere na ‘n kampterein gery, wat sowat 8km se grondpad in total behels het. Hierdie het die brandstof verbruik egter heeltemal omvêr gegooi na ‘n syfer van 6.8l per 100km. Om te bieg, was hierdie eintlik die perfekte toets roete, siende dat die Cross vervaardig is om nie net in die dorp self rond te dwaal nie.
Terwyl die brandstof verbruik heel aanvaarbaar was, het die grootte van die brandstoftenk self ons egter omkant gevang. Teen 7 liter kleiner as die Corolla sedan, kan die Corolla Cross net 36 liter inhou. Met ‘n vol tenk kan die Cross 420km baasraak en teen ‘n halwe tenk sal dit net 264 km kan aflê. Met ‘n kwart tenk vol, is dit net instaat tot 60km.
Genoeg van die brandstof verbruik vir eers. Die Xs modelle word verkoop met sleutellose ingang en aan en af skakeling, elektriese sy spieëltjies, LED hoof- en agterligte sowel as misligte, spoed beheer, dubbele-lugversondrging, ‘n 12-volt kragpunt, ‘n raakskerm, reën sensors, parkering bystand, Apple CarPlay en Android Auto en drie USB poorte.
Die Corolla Cross se binneruim is modern en gemaklik, meer leer sitplekke en genoeg been ruimte vir voorste- en agterste insittendes.
Teen R23 000 goedkoper, stel Toyota self vas dat die nie-hibriede Cross 1.8 Xs CVT ‘n verbruik van 6.8l sal lewer. Ons sal egter eers verseker van hierdie syfer wees na ons toets met hierdie model.
Die syfer, wat ons egter meer laat neig na die nie-hibriede weergawe, is die 47l brandstof tenk.
Die Corolla Cross Xs is ‘n uitstekende voertuig en Toyota kan hulself op die skouers klop met hierdie voertuig. Mits die Corolla Cross egter nie hoofsaaklik in die dorp self (teen lae spoed) gaan gebruik word nie, maar eerder op die langpad, sal ons eerder die nie-hibriede Corolla Cross Xs of selfs die Corolla Xs Hybrid self voorstel. Daardie 36 liter tenk is ietwat te klein.
*Elk van die Corolla Cross modelle word verkoop met ‘n 6-diens/ 90 000km diensplan, ‘n 3-jaar / 100 000km waarborg en ‘n 8-jaar hibriede sisteem waarborg.