Padtoets: 2022 Citroën C5 Aircross

Citroën het op die huidige oomblik net drie modelle in Suider Afrika, waarvan hierdie die C3, C3 Aircross, en die C5 Aircross is. Ons het onlangs die laasgenoemde model beet gekry om die Franse vervaardiger se vlagskip model te toets.

Die C5 Aircross het sowat 8 jaar gelede in die publieke oog verskyn, maar het sedertdien baie kompetisie van die groeiende SUV mark gekry. By NamWheels voel ons egter dat die C5 Aircross veel beter waarde bied as baie van die nuwe SUV’s op die mark; tensy die feit dat daar tans geen handelaars in ons land is nie…

Die C5 Aircross word verkoop in twee modelle, waarvan die “Feel” die intree model is, en die Shine (ons toetsmodel) die duurste opsie is.

Die nuwe C5 Aircross model, soos ’n ware Franse voertuig, is goed en uniek afgerond met LED hoofligte, wat egalig meng met die res van die geronde bakwerk. Gepaard met 18-duim wiele en plastiek panele op die bakwerk, lyk die C5 Aircross gereed vir die rowwe pad.

Om uit te staan in die medium SUV segment, moet vervaardigers uniek wees in hul ontwerpe. Citroën is nog altyd bekend vir hul uniekheid en dit is geensins anders met die C5 Aircross nie.

Binne, kan die agterste sitplekke voerentoe en agtertoe verstel word, sowel as om in derdes op- en afgeslaan te word, wat uiteindelik hierdie voertuig baie prakties maak. Vyf persone kan gemaklik in die voertuig sit, met die kattebak, wat tussen 520 tot 720 liter se stoorspasie toelaat. Met al drie sitplekke afgeslaan, sal die voertuig 1 630 liter se bagasie kan neem.

Hierdie maak die C5 Aircross uiters ruim en prakties.

Die sentrale instrument paneel word ook aangevul met ‘n 12.3-duim digitale instrument paneel agter die stuurwiel, sowel as ‘n 10.2-duim digitale raakskerm, wat al die nuutste toepassings kan koppel.

Terwyl die nuwe C5 Aircross uiters prakties en gemaklik is, is daar iets anders, wat ons aandag meer getrek het. Tydens ons langpad en hoë spoed toetse, is gevind dat die kajuit ook uiters kalmerend en stil was. Hierdie is te danke aan Citroën se “Advanced Comfort Programme and Progressive Hydraulic Cushioning” (met ‘n 230mm ryvlak hoogte).

Dit is moeilik om weg te steek dat hierdie sekerlik een van die gemaklikste voertuie is, wat ons al ooit getoets het. Op die hoofweg, voel die C5 Aircross bloot soos ’n ligte veer, wat sweef oor die pad.

Gepaard hiermee, het di C5 Aircross ook klankdigte dubbelglas gelamineerde vensters, wat nie net help met temperatuur isollering nie, maar ook algehel klak digtheid. Padgeraas, sowel as die vier-silinder se klank, word skaar opgemerk.

Om vyf uur op ’n Maandag oggend werk toe te ry, het nog nooit voorheen so kalmerend gevoel nie.

Die Citroën C5 Aircross is miskien nie die vinnigste voertuig nog nie, maar dit is uiteindelik ook nie die punt van die voertuig nie. Dit is gebou om rustig, prakties, en ekonomies te wees. Citroën het goed daarin geslaag om elk van hierdie te inkorporeer.

Met 121kW en 240Nm, sowel as ‘n 6-spoed outomatiese ratkas, is die kraglewering egalig. Sou die bestuurder ook self die ratte wou verwissel, kan dit gedoen word met die hand pedale agter die stuur.

In terme van brandstof verbruik, kon ons nie naby aan Citroën se eie syfer van 6.6 liter / 100km kom nie, maar kon ons wel net met onder die 8-liter / 100km merk wegkom.

Terwyl die pryse van R633 900 (Feel variant) en R683 900 (Shine) dalk ’n oogwater prys mag wees, voel ons dat die C5 Aircross se algehele ontwerp en uitmuntende pad gehalte die prys baas staan.

Elke Citroën C5 Aircross model word met ‘n 5-jaar / 100 000km diensplan en waarborg verkoop. 

Leave a Comment