Citroën het op die huidige oomblik net drie modelle in Suider Afrika, waarvan hierdie die C3, C3 Aircross, en die C5 Aircross is. Ons het onlangs die laasgenoemde model beet gekry om die Franse vervaardiger se vlagskip model te toets.
C5
Citroen – terug in Suid-Afrika
Citroen is terug in Suid-Afrika en hier om te bly. Dit is die versekering wat die bestuur van PCSA (Peugeot Citroen South Africa) aan die media genoem het met die bekendstelling van drie van hulle gewilde modelle in Europa. Die drie ding mee in die segmente in Suid -Afrika waar daar groei in die markte is ten spyte van die swak ekonomie.