Padtoets: 2022 Hyundai Venue 1.0 TGDI Fluid DCT

Hyundai se Venue gereed om meer aan te durf

Sedert Hyundai se Venue, 4-jaar gelede die klein-SUV mark aangevat het, het hierdie einste mark veel meet mededingend geword. Veel meer nasies het die stryd aangedurf en ’n grote markaandeel vanaf die Suid-Koreaners geneem. Nou, met ‘n “nuwe” gesig, is die Indiese vervaardigde Venue, slaggereed om die aandeel in hul guns te draai.

Terwyl die Volkswagen T-Cross slegs drie maande voor die Venue bekend gestel is in 2019, het Toyota se Urban Cruiser veel later aangekom. Beide hierdie modelle verkoop egter steeds meer modelle as Hyundai.

Nou, met Suzuki se Vitara Brezza (identies aan die Toyota Urban Cruiser), Ford se EcoSport, die Kia Sonet, Nissan Magnite, en Renault Kiger, is die kompetisie strenger as ooit vantevore. Meng dit met die nuwe uitskietsterre van die Chery Tiggo 4 Pro, sowel as die Haval Jolion, en die “pizza skuiwe” in die markaandeel raak al hoe kleiner.

Hyundai beplan om die gewig weer na hulle kant toe te gooi en met goeie rede. Die nuwe Hyundai Venue, soos sy voorganger, is gemaklik, ekonomies, en prakties. Ons enigste kommer is die prys, wat dalk effe hoër as die van die Chinese mededingers mag wees.

Die nuwe Venue het nou ‘n 4.2 duim moderne raakskerm, ’n lug-verkoelde paneelkassie, 16-duim allooi wiele, outomatiese LED hoofligte (insluitend dagligte), leer sitplekke, dakrelings, en verselbare agter sitplekke.

Hierdie word bygevoeg by die standaard lugverkoeling vir die agterste sitplekke, Tipe C USB punte vir agterste sitplekke, lugversorging, ’n digitale instrumentpaneel, parkering waarskuwings, ’n trurat kamera, sleutellose toegang, en Bluetooth soos op die Motion model gevind.

Persoonlik sien ons steeds die Venue as een van die top keuses in die kompakte SUV mark. Hierdie is grootendeels te danke aan die 1.0-liter enjin (3 silinder), wat 88kW en 172Nm verskaf deur ’n 7-spoed dubbele-koppelaar ratkas.

Waar ‘n 3-silinder enjin gewoontlik ’n relatiewe harde rasper geluid het, is die Venue se kajuit redelik goed geissoleerd vanaf die enjin blok.

Die Venue mag dalk nie die vinnigste voertuig op die mark wees nie, terwyl dit ook ietwat swaar is op brandstof (7.4 liter per 100km), maar terselfdetyd  is die Venue goed hanteerdbaar in beide die stad en op die oop pad. Dit is stil, en kan tot 343 liter se bagasie in die kattebak neem.

Met gerieflike veranderinge binne die Venue vir alle insittendes, mag Hyundai dalk net hoër op met die rangleer geklim het.

Dit is beslis een van ons gerekende kompakte SUVs.

Die Venue TGDI Fluid DCT is die model net onder die befaamde N-Line DCT en word verkoop teen R429 900 met ‘n 7-jaar / 200 000km waarborg en 3-jaar / 45 000km diensplan. 

1 thought on “Padtoets: 2022 Hyundai Venue 1.0 TGDI Fluid DCT”

Leave a Comment