Sedert “General Motors” uit Suider Afrika beweeg het, het die Opel naam redelik vinnig vanaf die mark beweeg. Om te moet bieg,, is dit die tweede Opel, wat ons getoets het in ’n tydperk van drie jaar. Die Corsa 1.2T Elegance, waarmee ons laat in 2021 getoets het was nie juis die goedkoopste voertuig in die klein luikrug segment nie. Ons onlangse toets met die Opel Zafira het egter vir ons rede gegee om weer opgewonde oor die vervaardiger te word.
In die Europese mark het die Zafira voorheen bekend gestaan as ’n mid-grootte drie-ry sitplek voertuig. Met die onlangse skuif na die Stellantis Groep (saam met Peugeot, Citroen, en Fiat Chrysler), is die Zafira nou egter veel groter, en kan dit nou geklasifiseer word as ’n bus. Dit kan nou maklik met die Volkswagen Caravelle of Hyundai se nuwe Staria vergelyk word.
Laat ons dus wegspring. Persoonlik, is ek nie ’n groot aanhanger van “busse” nie. Teen 5306mm lank, is hierdie Zafira selfs langer as die Volkswagen Kombi en nuwe Hyundai Staria. In die verlede het dit my vinnig intimideer om hiermee in die noue stad te bestuur. Die Zafira kan egter met gemak en selfvertroue bestuur word en ek het dit selfs aangedurf om met die groot 7-sitplek bus na Groenpunt (tydens spitsverkeer) en na Constantia te ry. Diegene, wat die Kaap ken, sal weet dat hierdie paaie vinnig nou kan raak, veral tydens spitsverkeer, met ’n UBER bestuurder of twee in die mengsel.
Tweedens is die Zafira ook geensins lui nie. Die 2.0 liter, 4-silinder turbodiesel enjin verskaf 110kW en 370Nm. Kombineer dit met ‘n 8-spoed outomatiese ratkas en hierdie reuse bus pak met gemak die snelweg aan teen ’n rustige 1800 opm (teen 120km/h). Hoewel die stuur swaar kan wees, het die Zafira veel meer ‘vas gepen’ op die pad gevoel, in vergelyking met sommige nuwe SUV’s.
Ons top model, genaamd die Elegance, het egter net 7-sitplekke gehad, waar die intree model een sitplek ekstra het. Hierdie is gedoen om plek te maak vir meer binneruim spasie, wat selfs ’n verstelbare tafel behels in die middel ry. Een van die nadele, wat ons vinnig gevind het, is dat daar ’n tekort is aan beker houers in die voorste ry en selfs groot genoeg gapings om ’n selfoon in te plaas.
In terme van die rit gehalte, is die Zafira gemaklik en absorbeer dit enige knikke in die pad baie goed. Terwyl die stuur ook swaar is, is dit geensins uitdagend om die Zafira te ry nie (As ek dit in die stedelike spitsverkeer kan bestuur, kan meeste ander).
Hier is die verskille tussen die twee nuwe Zafira modelle:
Die Zafira Life weergawe kom met 10 beker houers, 8 materiaal sitplekke, twee gly deure, wat met die hand oop gemaak moet word, band druk monitering, 17-duim allooi wiele, ‘n 180-grade trurat kamera, voor en agter parkering waarskuwing, spoed beheer, vier lugsakke, dubbele klimaat beheer, elektroniese stabiliteits beheer, bult-parkering bystand, blindekol waarskuwing en ‘n 7-duim informasie skerm (natuurlik met Apple CarPlay en Android Auto).
Hierdie weergawe is egter baie goed geprys teen R749 900 met ‘n 3-jaar /120 000km waarborg, ‘n 3-jaar pad bystands pakket en ‘n 5-jaar/100 000km diensplan.
Vir R120 000 meer, kom die Elegance model egter met die volgende by:
Outomatiese skuifdeure (ons sou dit verkies het as die agterdeur ook elektronies kon oopgaan), outomatiese hoofligte, ’n panoramiese sondak, ’n volle leer bekleedte pakket, sonblindings vir die tweede en derde rye, verhitte en masseer sitplekke vir die bestuurder en voorste passasier, ’n verstelbare tafel vir die tweede ry, verstelbare spoed beheer, navigasie, ’n agter stuur spoed skerm, en baan verwisselings waarkuwings.
Die Zafira is nie net goed geprys nie, maar bied ook 1060 liter se pakspasie, selfs met al die sitplekke op; ry gemaklik; kan ongeveer 900km op een tenk brandstof diesel doen (ons het 8.4 l / 100km gekry); en wieg minder rond op die oop pad as vele nuwe SUV’s.