Die perfekte voertuig best…
Toyota se nuwe Corolla Cross het die mark met ‘n storm getref. Nie net het dit die bekende “Corolla” naam oorgebring na die SUV mark nie, maar het Toyota dit ook goed reg gekry om ’n familie-grootte SUV teen ’n baie goeie prys te verkoop nie, maar ook om hibriede tegnologie bekostigbaar te maak.
Ons was bitter naby daaraan om te bevestig dat ons wel die perfekte voertuig gevind het, behalwe vir een probleem. Meer hiervan later.
Vir die meeste van 2022 is ons konstant gevra wanneer kopers hul nuwe Corolla Cross modelle kon verwag, inaggenome dat die Kwazulu Natal vloede, Toyota se produksie tot stilstand gebring het. Terwyl hierdie, sowel as die globale resessie, die geleentheid vir ander vervaardigers gebied het om die markaandeel oor te wen, het Toyota uitmuntend gedoen om weereens die markaandeel oor te neem.
Die heropening van die nuwe Natalse produksie plant het terselfdetyd die nuwe Corolla Cross GR Sport bekend gestel. Met nuwe swart geverfde wiele, sowel as ’n paar veranderinge aan die estetika van die binne- en buite ruim, lyk die Corolla Cross nou veel meer sportief.
Presies wat die mark soek.
Eerstens is dit nodig om op te let dat die enjin self nie ’n kafeïen inspuiting gekry het nie. Sien hierdie as die M-Sport (BMW), R-Line (Volkswagen), of AMG-Line (Mercedes) ekwiwalent. Dit lyk dalk meer sportief, maar onder die kap is dit steeds dieselfde voertuig.
Dus het die GR Sport dieselfde enjin as die XR model, met ‘n 1.8 liter petrol enjin, wat 103kW en 172 Nm uitskop. Gepaard met dit, kom nie “onsportiewe” CVT ratkas. Hierdie outomatiese 6-spoed ratkas is stil teen ’n rustige en konstante 120km/h (2000 rpm), maar mik om ’n voertuig verby te neem en die revolusies gil soos ’n opera sanger, wat hul hand brand op ’n warm plaat.
Die Corolla Cross GR Sport staan wel uit met ’n meer aggresiewe voorkoms, met LED hoofligte, ’n paar GR embleme rondom die bakwerk, en ’n laer ‘wind’ verspreider onder die voertuig. Binne is daar ’n swart leer afwerking, met rooi stiksels.
Laastens is die nuwe mode om ook swart wiele op sportiewe voetuie te plaas en dit te laat lyk soos ’n vlieende voorwerp. Die GR Sport model kry ook dus hierdie behandeling.
Waar ons uiteindelik baie van die Corolla Cross model hou, is die binneruim. Anders as ander klein SUV’s, voel dit nie soos ’n baksteen op ’n paal nie. Die Corolla Cross voel gevestig op die pad, terwyl die binneruim soos ’n sedan voel, maar effe hoer van die grond af. Toyota het dit as te ware reg gekry om die praktiese oorwinning van die Corolla oor te neem na die SUV mark.
Dit is die perfekte voertuig om tussen die kleiner Urban Cruiser en Rav4 in te pas.
Binne word die GR Sport model uitgeken aan die GR Start/ Stop enjin knop, GR voetmatte, ’n GR ratwisselaar, ’n lang rooi streep regoor die kajuit, sowel as “stewiger” en elektriese verstelbare sitplekke. Die kajuit is egter gepas en gemaklik.
Nes die Corolla Cross XR model, kry die GR Sport ook ’n informasie sisteem met die nuutset foon koppeling, Wifi, Smart Entry, en outomaties reën sensors.
Nes die XR model, kom die GR Sport ook met 7 lugsakke, ABS, EBD, Stabiliteits Beheer, en bult stilstands hulp. Nes die XR kry dit ook verstelbare spoed beheer, baan verwisselings bystand, blindekol waarskuwings, en outomatiese hoofligte.
In die XR, en selfs die XS model, is die Corolla Cross ’n absolute wenner. Die Corolla Cross, met die CVT kombinasie is egter gebou vir gemak en praktiese doeleindes. Dit is uitstekend, sag, en gemaklik op die oop pad. Ons raai ook die hibriede weergawe sterk aan as daar meer tyd in die stad / dorp vertoef sou word.
Om hierdie rustige model te probeer sportief maak (eerder te laat lyk), is volgens ons ’n oksimoron. Die GR behandeling werk uitstekend met die Yaris, juis omdat dit reeds so ’n sportiewe voorkoms het.
Om af te sluit met ons aanvanklike opmerking, is die Corolla Cross bitter naby aan ’n perfekte voertuig. Bekostigbaar, gemaklik, betroubaar, en prakties.
Ons enigste kommer is die branstof verbruik.
Net die vorige week het ons die 2.8 Fortuner getoets. Hierdie reuse 7-sitplek SUV het ons geweldig verras met ’n algehele brandstof verbruik van 9.6l per 100km. Hierdie is ’n uitstekende verbruik, veral siende dat meeste van ons tyd in die dorp spandeer is.
Toyota het met die bekendstelling ’n verbruik van 6.8l per 100km aangekondig; genoeg om 691km af te lê. Ons algehele brandstof verbruik was egter 9.0l / 100km. Wat hierdie syfer meer angswekkend maak, was die feit dat meeste van ons tyd op die nasionale paaie afgelê was. Ons spoed was konstant tussen 110 en 120km /h teen 2000 – 2500 opm.
Die hibriede model het nog ’n kleiner tenk (36L), wat dit ’n redelike kopseer maak op die oop pad.
Die Corolla Cross reeks sal die naaste aan ’n perfekte voertuig wees, sou Toyota die brandstof verbruik van die normale petrol, en hibriede modelle herbenader.
Die Corolla Cross 1.8i GR-S word verkoop teen R453 200, met ‘n 3-jaar / 100 000km waarborg en 6-diens / 90 000km diensplan. Ons stel egter voor dat potensiële kopers na die XR model kyk, wat teen R438 200 (narmale Petrol model) of R461 700 (petrol-hibried) verkoop word.
cool!
So it’s only cosmetic and no performance enhancements?