Chery se Cross nou nog ‘n opsie in die Tiggo reeks.
Chery is een van die nuwe Sjinese vervaardigers wat besig is om die Suider-Afrikaanse mark om te dompel. Die vervaardiger is nou al vir die afgelope paar maande in die top-10 van algehele voertuig verkope, met Februarie van die jaar (2025) wat hulle in sewende plek geplaas het, net agter die gevestigde naam Isuzu. Nou, met ’n splinternuwe kompakte SUV naamlik Cross, is Chery nog meer gereed om die mark aan te vat.