Padtoets: 2023 Chery Tiggo 8 Pro Max 2.0 Executive

Chery speel nie rond nie

Chery het onlangs weer die Suider-Afrikaanse mark betree, en nes die ander Chinese vervaardigers, het dit ’n opskudding in die SUV mark veroorsaak. Ons het onlangs die top-model in die hande gekry om te sien wat R669 900 jou kan gee.

Teen huidige inflasie koerse is dit bykans ongehoord om ’n luukse 7-sitplek SUV te kry vir minder as R700 000 (die 1.6T Executive weergawe kos selfs nog minder, teen R609 900), veral as die voertuig uit Duitsland of Japan kom. In die afgelope twee jaar het hierdie prentjie egter verander, met al meer luukse voertuie, wat uit China en Indië kom. Chery is maar net een van die Chinese vervaardigers, wat na ’n paar jaar se stilte, die Afrika grense ingevaar het met volle mag.

Chery se top SUV model, die Tiggo 8 Pro Executive is in Augustus van die jaar bekend gestel en mik om ’n grootter markaandeel te kry, teennoor modelle soos die Kia SPortage, Haval H6, Hyundai Tucson, Mazda CX-5, Toyota Rav4, Volkswagen Tiguan Allspace, Nissan X-Trail, Mitsubishi Outlander en die Peugeot 5008.

Elk van hierdie is ietwat duurder as die Tiggo 8 Pro Max Executive, met net Mahindra se XUV700 AX7 L, wat sowat R110 000 minder kos. Alhoewel die Chery nie die perfekte model is nie, reken ons dit ’n beter koop as die Mahindra.

Die rede hiervoor is dat die Chery se 2.0 liter (vier-silinder) turbopetrol, sowat 187kW uitskop (sowat 38kW meer as die Mahindra) teen 5000 opm. Nog meer verstommend is dat 390Nm verkry kan word tussen ’n lae 1750 – 4000 opm. Die laasgenoemde is beide ’n voordeel, sowel as ’n negatiewe.

Dit is geweldig voordelig op die oop pad, wanneer daar vinnig versnel wil word (in enige van die drie funksies – Ekonomies, normaal, en sporrtief). Die nadeel is egter dat die Duitse (Getrag) 7-spoed outomatiese ratkas té effektief en haastig is, met die voorwiele, wat effe gly sodra daar aan die koppelaar geraak word.

Vir enige nuwe Tiggo 8 Pro Max Executive eienaar, mag hierdie ’n ligvoet kuns wees om aan te leer. Ons voel egter dat hierdie kombinasie baie beter sal werk in die 4-wiel trek weergawe, wat dalk na Suid Afrika sal kom.  

Die nuwe Tiggo 8 dra nuwe LED Matrix hoofligte, LED dagligte, sowel as ’n LED ligstrook, wat horisontaal oor die agterdeur strek. Hierdie gee die nuweling ’n veel luukser gevoel, net deur om daarna te kyk.

Binne voel die Tiggo 8 selfs nog luukser, kompleet met leer en (plastiek) hout afwerkings, sowel as ‘n 24.6 duim instrument en informasie sisteem. Die sisteem self is maklik om te verstaan sluit draadlose laaifunksies (50W), usb-A en USB C punte in.

Waar Mahindra nog sukkel met Apple CarPlay, sal Iphone eienaars gelukkig wees met die Chery se sisteem, wat hierdie, sowel as Android Auto toelaat.

Verder kom die voertuig ook met sleutellose hantering, ’n elektroniese verstelbare bestuurders sitplek, 8 Sony luidsprekers, en stem beheer.

In terme van veiligheid kom die Chery Tiggo 8 met voorste lugsakke, sowel lugsakke vir die bestuurder se knieë. Laastens kom die Tigo 8 met gordyn lugsakke, wat van die voorste to die agterste (derde) rye strek.

Natuurlik kom die voertuig ook met traksie en stabiliteits beheer, bult-stilstands hulp, banddruk monitors, baan verwisselings bystand, ‘n 360-grade parkering kamera, en Isofix punte. Skakel die flikkerligte aan, en die kameras sal selfs aktiveer om die bestuurder verder te help.

Laastens kom aanpasbare spoed beheer, en outomatiese nood rem sisteme en waarskuwings ook by.

*Beide die 1.6T en 2.0T Executive modelle word verkoop met ‘n 5-jaar / 60 000km diensplan, ‘n 5-jaar / 150 000km waarborg, sowel as Chery se eie 10-jaar / 1 miljoen km waarborg vir die eerste eienaar. 

2 thoughts on “Padtoets: 2023 Chery Tiggo 8 Pro Max 2.0 Executive”

Leave a Comment