Padtoets: 2023 Ford Everest Platinum

Die nuwe Ford Everest: gereed om koppe te draai

“Het julle al die nuwe Ford Everest of Ranger getoets?” , “Laat weet my asseblief as julle die nuwe Ranger of Everest kry.”

Hierdie was vrae, wat ons klaarblyklik elke week ontvang het, sedert die eerste spog foto’s van die nuwe Ford Ranger en Everest, die kuberruim beetgekry het. Die opwinding is nog verder bekroon met die nuus dat die Ranger in Suid Afrika saam met die Volkswagen Amarok gebou sou word.  

Die Everest word egter by die Thailand plant vervaardig, waarna dit die tog oor die Indiese oseaan aandurf.  

Die Everest is egter in sterk aanvraag en ons verstaan nou waarom. Die nuwe Everest lyk soos die volgroeide jong besigheids persoon, teenoor die voormalige tiener, wat al vir amper ’n dekade met ons is. Ford het dit nou reg gekry om die kompetisie te laat skarrel na die sketspen om ’n soortgelyke produk te probeer lewer.  

Die buiteruim is egter maar net ’n voorsmakie van die Everest se hernuwing. Binne word die bestuurder gegroet met ’n enorme 8- of 12-duim “portret” georiënteerde sentrale raakskerm.

Daar is ook baie minder knoppe, met bykans alle funksies, wat vannaf die rakskerm beheer kan word. Natuurlik is Apple CarPlay en Android Auto bygevoeg.  

Die Platinum model het selfs ’n verhitte stuurwiel, asook verhitte en verkoelde voorste sitplekke.  

Agter die stuurwiel is die analoog aanwysers ook verander na ’n volle digitale paneel. Hierdie kan vanaf die multi-funksionele stuurwiel beheer word.  

Verder word die voorste ry ook aangevul met ’n draadlose selfoon laaier, ’n USB-C en USB punt sowel as ‘n 12 Volt punt. Die tweede ry word ook aangevul met ’n USB, USB-C, en ‘n 400w inverter. Die derder ry, sowel as die kattebak kry ook elk ‘n 12 Volt punt.

’n Panoramiese sondak word ook by die Platinum model gevoeg, terwyl die ratwisselaar vanself na “park” sal oorskuif, wanneer die voertuig afgeskakel word.  

Met al die sitplekke (behalwe die voorste ry), kan die Everest bykans 2000 liter se bagasie neem. Bugenoem kan die derde ry ook elektronies op- en afgeslaan word.  

Wat word onder die enjinkap versteek?  

Ford se nuwe Everest kom uit in twee modelle, naamlik die Sport en die Platinum. Die Sport model se prys val net onder ’n miljoen rand (R965 400), terwyl die Platinum model ietwat meer kos teen R 1 113 100.  

Terwyl beide modelle met Ford se ikoniese en reeds gevestigde 10-spoed outomatiese ratkas kom, word die Sport model gedryf deur Ford se 2.0l bi-turbo diesel enjin, wat reeds met vele Ranger bakkies voorheen verkoop is. Die Platinum kom egter met die splinternuwe 3.0l V6 diesel enjin. Waar die Sport sowat 154kW en 500Nm se krag lewer, kan die Platinum model gerieflik 184kW (teen 3250 opm) en 600 Nm (teen 2250 opm) verskaf.  

Die Platinum se enjin is geensins lui nie, terwyl die 10-spoed ratkas goed saamwerk. Neem die voertuig op die oop pad, en die 3.0 liter, v6 dans sagkuns oor die pad. Verder sal die V6 ook 3500kg kan sleep.  

Ons enigste opmerking was dat ons eerder net die Sport model se 20-duim wiele sou wou gehad het, eerder as die lae-profiel, 21-duim “machine-face” allooi wiele. Met hierdie tipe swaar voertuig, sal hoë profiel bande veel meer gemaklik wees.  

Is die Everest nou te “fancy” vir die grondpad?  

Geensins nie. Die Platinum weergawe mag miskien 21 duim wiele hê, terwyl die voertuig ook veel groter lyk as voorheen, maar dit beteken nie dat die Everest nou net gebou is vir die teerpad nie.  

Waar ander SUV’s gebou is op die van ’n gewone pad voertuig se onderstel, is die Everest gebou op die Ranger se onderstel. Dus het die Everest die kapasiteit van ’n bakkie. Terwyl vorige Everest modelle ook op dieselfde onderstel gebou was, is hierdie nuwe Everest veel meer gemaklik op die oop pad en in die stad, met geen tekortkominge, wanneer dit by die rowwe grondpaaie kom nie.

Die nuwe Everest het steeds ’n twee-wiel, en vier-wiel verrigting, terwyl die onderstel ook verstel kan word na kruiprat, vir die klipperige en meer uitdagende roetes.  

En veiligheid?  

Die nuwe Everest kan vanself parkeer, vanself spoed verminder of vermeerder in die “spoedbeheer” verstelling, Bykomend is daar ook ABS, EBD, banddruk monitors, blinde kol waarskuwings, baan verwisselings bystand, bult-stilstaan en afdraend bystand, ses lugsakke, ‘n 360 grade kamera, en ISOFix punte.  

Die nuwe Everest het ons aangenaam verras. Dit is beslis ’n reuse stap vorentoe en ’n beslissende kopseer vir die kompetisie. Na ons mening is die nuwe Everest dalk net die voorloper in die 7-sitplek SUV segment. 

Leave a Comment