‘n Ruk gelede het ons die splinternuwe top-klas Ford Everest 3.0L V6 4WL Platinum model getoets en, soos die naam aandui, is dit werklik ’n luukse Platinum voertuig. Natuurlik is die prys wat hiermee gepaard gaan ook redelik oogwaterend. Gelukkig hoef kopers nie noodwendig R 1146 500 te hoes om ’n Everest te besit nie. Ford het dus vir ons die intree-4×4-model, die XLT 2.0 BiTurbo, gegee om die verskil te toets.
Die prys van die nuwe Everest reeks, hoewel duurder, kan geregverdig word, siende dat die nuwe Everest nie net ’n veel beter voertuig as die tweede generasie is nie, maar ook nou werklik die kompetisie laat les opsê. Dit kom natuurlik as gevolg van die feit dat die 2.0L BiTurbo enjins, nou veel meer volwasse is, en na ons mening, die algehele gewig van die reuse Everest, beter kan hanteer.
Hoewel die 3.0L V6 in die Platinum model soos ’n droom geloop het, verkies ons steeds die 2.0L BiTurbo, weens die feit dat dit veel ligter is op brandstof is (8L/100km in die XLT in vergelyking met die Platinum se 10.1L/100km), asook eintlik net so kragtig voel. Die V6 model mag egter meer verkies word as daar elke naweek ’n karavaan gesleep word, maar andersins kan beide enjin modelle, 3.5 ton sleep teen redelike lae revolusies. Die 3.0L V6 het 184kW (teen 3250opm)/ 600Nm (teen 2500 opm), waar die 2.0L BiTurbo, 154kW (teen 3750opm)/ 500Nm (teen 2000 opm) het.
Die Everest reeks het nou uitgebrei na 6 modelle, met die XLT 4×2, wat begin by R848 300, terwyl die duurste Platinum model sowat R300 000 meer is. Vier van hierdie modelle (Beide die XLT en Sport weergawes in 4×4 en 4×2), sal met die 2.0 L BiTurbo enjin kom, terwyl die Wildtrak naam ook nou by die Everest reeks aansluit met ‘n 3.0L V6.
Elk van hierdie ses modelle sal verkoop word met Ford se ikoniese 10-spoed outomatiese ratkas. Die grootste positiewe van hierdie ratkas is dat dit beide sporttief, sowel as ekonomies kan wees, selfs in Ford se Mustang.
Terug by die XLT self, bied dit baie goeie waarde vir geld, wanneer dit met ander 7-sitplek groot SUVs, bv die Isuzu MU-X, Mitsubishi Pajero Sport, of selfs die Toyota Fortuner, vergelyk word. Die Platinum Everest, word volgens Ford self, met die Toyota Prado vergelyk.
Om egter eerlik te wees, verkies ons die XLT vir nog ’n rede, siende dat die Platinum model met reusagtige 21-duim lae profiel aliminium wiele kom. Die XLT, met 18-duim höer profiel bande, lyk en voel meer gereed om ekskursies buite die stad aan te pak.
Verder het die XLT model selfs luukse chroom afwerkings rondom die bakwerk, sowel as LED voor- en agterligte.
Binne word die XLT ook toegerus met leer-bekleedte sitplekke terwyl die bestuurder se sitplek, elektronies verstelbaar is. Ander standaard funksies sluit ook die nuutste konnektiwiteit, draadlose laaifunksies, sleutellose operatering, ’n trurat kamera, sowel as blindekol monitering in die geval van ’n sleepwa.
Verder word die XLT ook nog toegerus met die ikoniese 12.1-duim portret-georiënteerde raakskerm, sowel as ‘n 8-duim digitale instrument paneel agter die stuurwiel. Natuurlik is daar ook USB-A, sowel as USB-C punte. Laastens kom die XLT met aanpasbare spoed beheer, en banddruk monitering.
Die XLT model mag wel die nuwe intree-vlak modelle in die Everest wees, maar moet beslis nie as minderwaardig gesien word nie. Die XLT-model mag dalk duurder wees as die ander 7-sitplek, groot-SUV kompetisie, maar is beslis meer toegerus en modern.
Die Everest (sowel as die Ranger en nuwe Volkswagen Amarok) se stuur aksie is steeds die ligste en gemaklikste in die segment, wat die Everest veel kleiner laat voel as wat dit werklik is.
Die nuwe Everest kan as te ware kers vashou by die gewese klas leiers.
Pryse (September 2023):
Elk van die 6 Everest modelle sal verkoop word met ‘n 4-jaar / 120 000km waarborg, ‘n 4-jaar / onbepaalde afstand padlangse bystand, en ‘n 5-jaar anti-roes waarborg.
- Everest XLT 2.0L BiT 4×2 10AT R 832 400
- Everest XLT 2.0L BiT 4×4 10AT R 896 300
- Everest Sport 2.0L BiT 4×2 10AT R 918 500
- Everest Sport 2.0L BiT 4×4 10AT R 984 800
- Everest Wildtrak 3.0L V6 4WD 10AT R 1 084 000
- Everest Platinum 3.0L V6 4WD 10AT R 1 146 500
xlt is the one to get