‘n Ruk gelede het ons die splinternuwe top-klas Ford Everest 3.0L V6 4WL Platinum model getoets en, soos die naam aandui, is dit werklik ’n luukse Platinum voertuig. Natuurlik is die prys wat hiermee gepaard gaan ook redelik oogwaterend. Gelukkig hoef kopers nie noodwendig R 1146 500 te hoes om ’n Everest te besit nie. Ford het dus vir ons die intree-4×4-model, die XLT 2.0 BiTurbo, gegee om die verskil te toets.