Kia is besig met ’n revolusie. Oorsee het die nuwe elektriese EV6 GT reeds die gesogde “Wêreld Sports voertuig” van die jaar (2023) gewen, terwyl die EV9 ook besig is om koppe te draai. Ongelukkig is Suider-Afrika nog so ’n bietjie agter, wat nuwe voertuie behels, maar bied Kia steeds uitstekende voertuie. Kia het ietwat laat by die klein SUV-mark aangesluit, dog verkoop die Kia Sonet uitstekend goed. Hierdie wil gedoen wees, veral in so ’n mededingende mark.
Die Sportage is een van Kia se oudste modelle en bied nog altyd goeie waarde vir geld. Ons kyk dus na Kia se nuutste Sportage model, wat tans deelneem in ’n baie mededingende mark, en ’n tydperk, waar inflasie soos ’n donker wolk oor almal hang.
Die nuwe Sportage is nie meer die goedkoop SUV van destyds nie. Laat ons gou daardie plyster afruk. Teen R735 995 is dit een van die duurder opsies in die segment; maar moet ons byvoeg, is dit nie noodwendig nadelig nie.
In ’n mark waar amper alle SUVs dieselfde lyk, staan die nuwe Sportage nogal uit. Dit is veel meer gerond, maar ook (volgens ons) mooier as die mededingers. Verder bied dit nog ’n voordeel, wat selde in hierdie kompakte SUV mark gebied word; ’n diesel (maar nie Hyundai se 2.0-liter, soos verwag sou word nie).
Die Sportage reeks begin by R651 995, maar ons toetsmodel, die GT-Line Plus, verkoop natuurlik teen ’n veel hoër prys, soos voorheen genoem. Hierdie topmodel kry ‘n 1.6-liter turbopetrol met 132kW (teen 5500 opm) en 265Nm (tussen 1500 en 4500 opm). Daar is ook ‘n turbodiesel beskikbaar.
Alby GT-Line Plus modelle kom met ‘n 7-spoed outomatiese ratkas, wat in hierdie petrol-weergawe ’n brandstof verbruik van 6.5L / 100km te lewer…ons het egter ’n verbruik van 8.1L gekry.
Natuurlik, siende dat dit ’n turbopetrol is, is die GT-line nie te sleg van die mik af, en handhaaf dit gemaklik ’n haalbare spoed op die hoofweg.
Die outomatiese ratkas is ook seepglad en redelik stil op die oop pad, mits die voertuig nie oor die spoedlimiet geneem word nie. Teen hierdie spoed is daar ’n redelike windgeraas, wat na vore kom.
Verder kom die nuwe Sportage met vier elektroniese enjin verstellings: Eco, Normal, Sport en Smart. Hiervan was die “smart” funksie verkose, siende dat dit die verhouding tussen die koppelaar en die ratkas goed gehandhaaf het, terwyl die Eco funksie uitmuntend gewerk het om die brandstof verbruik laag te hou op die oop pad.
Genoeg van die enjin en rygehalte. Laat ons kyk na die Sportage se estetiese elemente. Hoewel die diesel enjin dalk luierig mag wees, het Kia se ontwerp span glad nie op hul louere gerus nie.
Die nuwe Sportage kom standaard met 17 duim wiele, waarvan ons GT Line model die 19-duim wiele gehad het. Verder kom die Sportage ook standaard met sleutellose verrigting, LED hoofligte, dubbele klimaat beheer, blinde kol meters, ‘n 12-duim raakskerm (met al die nuutste Apple CarPlay en Android Auto konneksies). Die intree vlak LX kom selfs met ’n trurat kamera.
Die GT Line model het ook leer gekleedte sitplekke, met elk van die 4, wat verhit kan word. Die voorste sitplekke kan ook selfs verkoel word, met die stuurwiel, wat ook opgewarm kan word om te help met daardie koue Winter dae.
Verder kom die GT Line Plus ook met ’n panoramiese sondak, en ’n elektroniese hak stelsel.
Verder is die nuwe Kia Sportage oor die algemeen ook bitter prakties, met draadlose foon laai funksionaliteit, ‘n 12 Volt punt, USB A, sowel as USB C poorte, terwyl die tweede ry ook twee verdere USB C punte bykry.
Beide rye laat ook toe vir oorgenoeg ruimte, met agterste insittendes, wat veral gemaklik en uitgestrek kan sit. Die kattebak het selfs 591 liter se stoorspasie, met ’n volle spaarwiel ingesluit.
Die Kia Sportage 1.6 TGDi GT-Line Plus mag dalk ietwat duur wees, maar die estetiese elemente van die voertuig maak beslis op hiervoor. Bygenome is die top Sportage ook direk in die middel, wanneer dit teen die mededingers se pryse opgeweeg word.
Ons moet egter bieg dat die ietwat goedkoper (Net oor die R600 000) EX model vir ons na ’n veel beter waarde-vir-geld opsie lyk; op papier tenminste. Hierdie is omdat die EX als van die GT-Line Plus insluit (behalwe die panoramiese sondak, elektroniese trekstang, en ander veiligheids sisteme soos ongeluks waarskuwings, baan verwisselings waarskuwing, sowel as blindekol waarskuwings). Die EX kom ook met 18 duim wiele, wat dalk meer gepas mag wees vir Suider-Afrikaanse paaie en grond oppervlaktes.
Teen net bo R600 000 sal die Kia Sportage EX vir ons een van die wenners in die segment wees.
Elk van die Sportage modelle kom met ‘n 5-jaar / onbeperkte kilometer waarborg, sowel as ‘n 6-jaar / 90. 000km diensplan.
beste