The Kia Sportage is not one of the newbies on the burgeoning SUV block, but it certainly feels like one of the freshest with its hip design and crazy model line-up. Let me explain…
GT Line Plus
Padtoets: 2023 Kia Sportage GT-Line Plus
Kia is besig met ’n revolusie. Oorsee het die nuwe elektriese EV6 GT reeds die gesogde “Wêreld Sports voertuig” van die jaar (2023) gewen, terwyl die EV9 ook besig is om koppe te draai. Ongelukkig is Suider-Afrika nog so ’n bietjie agter, wat nuwe voertuie behels, maar bied Kia steeds uitstekende voertuie. Kia het ietwat laat by die klein SUV-mark aangesluit, dog verkoop die Kia Sonet uitstekend goed. Hierdie wil gedoen wees, veral in so ’n mededingende mark.