Padtoets: 2023 Suzuki Eeco 1.2 (K12)

Eeco kom tot die redding

Met ‘n mark gefokus op dubbelkajuit bakkies en Sportsnuts voertuie, is die fokus maar selde gerig op klein nuts voertuie. Met geen half-ton bakkies oor op die mark nie, en net ’n handvol klein lorries met oop laaibakke, moet klein besighede knak onder die finansiële verpligtinge van ’n duurder een-ton bakkie of selfs grootter.  

Suzuki Suid-Afrika het natuurlik hierdie gaping raakgesien en met ’n alternatief vorendag gekom. Nie net het ons onlangs met die nuwe Eeco ‘n 800km oor drie provinsies, as deel van die Rally to Read, aangepak nie, (lees meer hier: https://www.namwheels.com/bekendstelling-suzuki-eeco/) maar ook onlangs die klein nuts voertuig deur die passe geplaas in die winderige Wes-Kaap.  

Die Eeco kom reguit uit die Maruti plant in Indië en hoewel dit dalk nie die nuutste “LCD” raakskerms, ISOFIX punte, of massering / verhitte sitplekke mag hê nie, bied dit uitstekende waarde vir geld vannuit ’n klein besigheid of aflewerings maatskappy se oogpunt.  

Een van die nuwe bekendste “lok” woorde of filosofee deesdae is “minimalisme”. Hoewel die Eeco se kajuit sekerlik as minimalisties beskryf kan word, huisves dit wel ’n digitale spoed paneel, ‘n 12 Volt- en USB punt.  Twee luidsprekers en ’n antenna kom ook saam met die Eeco, gereed om ’n radio te huisves. Ons verkies egter hierdie ‘minimalisme’ en beaam Suzuki se besluit om eerder op die praktiese- en veiligheids aspekte van die voertuig te fokus, eerder as om kopers te lok met die nuutste, grootste LCD raakskerm.  

Teen slegs 199 900 OF R 4199 per maand (Augustus 2023), sluit die Eeco by die Suzuki reeks aan as ’n alternatief tot die oop bak “Super Carry”. Dit sluit dus ook by die algehele mark aan as die enigste toegeslote nutsvoertuig. Die enigste ander alternatiewe, wat werklik “toe” is (ons bedoel nie met ‘n “canopy” nie), is voormalige passasier voertuie, wat deur die vervaardiger vinnig omskep is as ’n nuts voertuig.  

Die laaibak self is 1620mm lank, 1300mm breedt, en 1070mm hoog, met ’n algehele laaigewig kapasiteit van 615kg. Met die bekendstelling van die voertuig in Suid Afrika, is ’n paar van die voertuie werklik deur die passe gesit toe ses Eeco’s na ’n paar skole in die landelike gebiede van KwaZulu-Natal gereis het om skool boeke, meubels, en kledingstukke af te lewer as deel van die Rally to Read projek.  

Hierdie roete vannaf die OR Thambo lughawe, tot in die landelike gebiede van KwaZulu-Natal was ’n ware toets vir die nuwe Eeco, siende dat dit 300km se uitgerekte snelweê op ’n slag, sowel as klipperige grondpaaie behels het.  

Selfs in die dun lug van die plato het die 1.2 liter (K12 petrol) enjin goed gedoen. Uniek aan die Suzuki DNA hou die enjins van hoër revolusies, met 59kW en 104Nm, wat vannuit die enjin vermag kan word. Boonop is die enjin sentraal (ag die voorste wiele) gemonteer, met die Eeco, wat ook agterwiel aangedrewe is. Sonder enige bagasie sou die Eeco dus misgis word as ’n sports voertuig.  

Die Wes Kaap is natuurlik laer bo seespieël, wat uiteindelik beteken dat die Eeco meer “lug” het om in te “asem”. Ons het hierdie onmiddelik opgemerk, met die enjin, wat selfs meer ratser is. Gepaard met die 5-spoed handrat ratkas, was die Eeco ’n fees om te bestuur. Soos met elk van Suzuki se ander klein “kei” voertuie, was die Eeco maklik om deur die verkeer te rits, asook om uit te sien. Hoewel die Eeco nie ’n trurat kamera het nie, het dit wel sensors om die bestuurder van enige gevare om die voertuig te waarsku.

Verder het die Eeco ook ’n skrale draai radius van net 4.5 meter.  

Die nadeel van die Wes-Kaap is natuurlik egter die wind, wat ietwat van ’n teenstaander vir die Eeco was. Na ons mening sal die Eeco egter beter vaar, indien dit vol gelaai is.  

Hoewel ons nie die voertuig volgelaai het nie, kan ons met sekerheid bevestig dat die Eeco wel baie lig is op brandstof. Hoewel dit net ‘n 32-liter brandstof tenk het, gebruik die (soos meeste ander Suzuki’s) tussen 5.4 en 5.8 leter per 100km.  

Laasgenoemde kom die Eeco met ’n sluitweer-remtoestel (ABS), elektroniese rem-verspreiding (EBD), elektroniese stabiliteits-beheer (ESP), sowel as sy-impak staalbalke. Twee lugsakke sal ook verseker dat voorste insittendes bewaar word.  

Met ‘n 3-jaar / 100 000km meganiese waarborg is die Eeco net mooi die voertuig waarvoor klein besighede so lank voor gesoebat het. Weereens het Suzuki Suid-Afrika die antwoord gelewer.

1 thought on “Padtoets: 2023 Suzuki Eeco 1.2 (K12)”

Leave a Comment