Is die i20 N-Line die beste variant in Hyundai se i20 reeks?
In die motorbedryf is die “-line” agtervoegsel gewoonlik gekoppel aan ’n meer sportiewe konnotasie. Dink maar net aan Mercedes-Benz se AMG-Line, Volkswagen se R-Line, of Ford se ST-Line. Gewoonlik is hierdie modelle nie kosmeties opgeskerp om ietwat meer soos die egte AMG, R, of ST modelle te lyk.
Daar is selde enige opgskerping binne die enjin of die ratkas.

Hyundai het ook ’n sportiewe segment; naamlik met die letter “N” aan gekoppel. Dink maar net aan die i20N, of selfs die i30N en Kona N. Elk van hierdie is uitstekend op goed-onderhoude teer oppervlaktes of selfs die renbaan. Waar die N (of enigse sportiewe modelle) egter nie goed doen nie, is op paaie waar slaggate oorheers. Ons kan seker sien waantoe hierdie artikel gaan…
‘n “Line” voertuig is veronderstel om die oorbruggings-model te wees tussen die gemaklike en ekonomiese variante, sowel as die sportiewe baanbrekers. Vir enige vervaardiger is hierdie natuurlik ’n kopkrapper. Daar moet ’n fyn balans gehandhaaf word tussen gemak en sportiewe voorkoms.

Persoonlik is ek nie ’n aanhanger van hierdie draadsitter modelle nie, en die Hyundai i20 N Line DCT is ’n perfekte bewys hiervan. Soos reeds genoem is die Hyundai i20N ’n uitstekende voertuig, nes die gewone i20. Die mengsel van hierdie twee werk egter nie goed saam nie.
Die i20N (wat slegs oorsee beskikbaar is) is ’n ratse sport-luikrug, wat vergelyk word met die wêreld tydren kampioenskap op die publieke pad. Teen net minder as 1 200kg gee dit ‘n “go kart” tipe gevoel; grootliks te danke aan die 6-spoed handrat, en die 1.6L petrol enjin, wat 150kW en 275Nm verrig.

Vergelyk dit met hierdie veel goedkoper N-Line model en die spesifikasies lyk ietwat anders.
Hyundai het uistekende werk gedoen met die klein 3-silinder 1L turbopetrol. Hoewel dit net 90kW en 172Nm het, voel die enjin gereed vir aksie, met selfs ’n paar klappe wat nou en dan in die uitlaatstelsel weergalm. Hoewel die N-Line sowat drie sekondes stadiger is as die “N” tot by 100km/h, is die 1.0T veel ligter op brandstof (7.2L/100km).

Die grootste probleem kom egter in met die 7-spoed DCT (outomatiese) ratkas. Op die oop pad en teen ’n stabiele spoed is hierdie ratkas uitstekend, maar trek egter vinnig weg in eerste rat, en die sisteem sukkel redelik om daardie tweede rat te vind (in die sport verstelling). Die enjin is ’n goeie en ‘skoner’ plaasvervanger vir die 1.6L enjin, maar die ratkas is beslis nie ingestel vir sportiewe toertjies nie.
Nietemin, in ’n wêreld waar Sportsnuts-voertuie (SUVs) besig is om oor te neem, doen Hyundai se kleiner “i” modelle uistekend goed.

Die N-Line lyk egter goed met sportiewe buffer afwerkings, LED hoof- en dagligte, 16-duim allooi wiele en dubbele uitlaatpype. Binne lyk dit nog meer sporttief met rooi stiksels, en aliminium pedale.
Verder kom die N-Line ook met ’n Bose klanksisteem en ses lugsakke.

Die N-Line model (R467 500) klink en lyk wonderlik, maar is R117 400 duurder as die 1.4L Executive outomatiese model (R467 500).
Die laasgenoemde model lewer wel minder krag teen 73kW en 133Nm, terwyl ‘n 6-spoed outomatiese ratkas daarmee gepaard kom. Die Executive modelle kom ook met ‘n 8-duim raakskerm met selfoon toepassings, sowel as ’n draadlose laaistasie.

Ter slotte lyk die i20 N-Line beslis veel beter as die normale “Premium” of “Executive” modelle; en sou kopers ’n meer sportiewe variant wou aanskaf, is die N-Line ongelukkig die enigste keuse, omdat die N model nie in Suider Afrika verkoop word nie.
In ’n ekonomie waar sente egter tans omgedraai word, is die Executive model die beste waarde vir geld in die i20 reeks. Elk van die i20 modelle kom met dieselfde 5-jaar/150 000km waarborg, 7-jaar/200 000km dryfstelsel waarborg, en ‘n 4-jaar/60 000km diensplan.
