Padtoets: 2024 Jaecoo J7 1.6T Glacier

Jaecoo se J7 Glacier die beste waarde vir geld.

Nes die Volkswagen groep (die grootste in Duitsland), wat vele ander vervaardigers soos SEAT, Skoda, Cupra, Audi, Lamborghini, Porsche, Bentley, en selfs Ducati besit, is die Chery groep in beheer van die Sjinese voertuig mark. Hierdie groep besit onderandere Omoda, Jetour, en Jaecoo. Elk van hierdie kan nou in Suider-Afrika gevind word, met die laasgenoemde wat onlangs in die distrik opgedaag het met een model.

Sien Jaecoo se J7 model as ‘n “lus maker” vir die Suider Afrikaanse mark. Hoewel dit tans die enigste plaaslike naam onder die handelsmerk mag wees, word daar nog vele ander modelle (soos die kleiner J5, die 7-sitplek J8, en die volle elektriese J6) vir die jaar beplan.

Vir nou word die J7 in drie model spesifikasies in Suider Afrika verkoop, naamlik die Vortex (R549 900), die Glacier (R564 900) en die Inferno (R639 900). Hierdie drie modelle word egter net esteties geskei van mekaar.

Elk word gedryf deur ‘n 1.6L turbopetrol, wat 145kW en 290Nm verrig. Soortgelyk kom elk van die modelle met ‘n 7-spoed outomatiese DCT ratkas. Die enigste meganiese verskil is die feit dat die Inferno met 4-wiel trek kom, terwyl die Glacier en Vortex, beide met twee-wiel trek kom.

Die intreevlak, Vortex model kom standaar met 18” allooi wiele, klimaat beheer, ’n verkoelde middelkonsole, ‘n 13.2” raakskerm, selfoon konneksie, ’n draadlose laaipunt, sleutellose aktivering, en leer sitplekke.

In terme van veiligheid kom die Vortex ook met 7 lugsakke, en ’n baan verwisselings waarskuwing sensor.

Met die Inferno kom daar nog talle by, soos 19” allooi wiele, ‘n 14.8” raakskerm, verhiibare en verkoelde sitplekke, ’n verhitbare stuurwiel, ’n panoramiese sondak, ’n vekeerskamera, ‘n 360-grade parkering kamera, en privaat glas vir die agterste insittendes.

Terwyl die Inferno wel 4-wiel trek is, moet dit nie verwar word met 4×4 verrigtinge nie. Soortgelyk sal die 4-wiel trek ook ietwat swaarder wees op brandstof, hoewel dit dalk veiliger mag wees op nat paaie.

Hoewel ons beide die Inferno, sowel as die Glacier getoets het, neig ons meer vir die goedkoper Glacier model. Dit is amper R80 000 minder as die Inferno model, maar het amper al die funksies van die Inferno model. Net die agterste privaat glas, die verhitbare stuurwiel, en die 4-wiel trek kort.

Verder het die Glacier model ook al die veiligheids funksies van die Inferno, soos 8 lugsakke, ’n outomatiese nood rem sisteem, aanpasbare spoed beheer, en verkeersknoop hulp.

Die Glacier model kry wel net drie bestuurs funksies, soos ekonomies, normaal, en sport, terwyl die Inferno model ander funksies soos sand, modder en sneeu / grondpad bykry.

Vir net R49 000 meer as die Vortex model, is die Glacier veel meer waarde vir geld. Hierdie sluit oom ‘n 5-jaar / 70 000km diensplan, ‘n 5-jaar / 150 000km meganiese waarborg, en ’n bykomende 10-jaar/ 1 000 000km waarborg.

Leave a Comment