Jaguar se I-pace is die perfekte voertuig in ‘n land waar EVs aangemoedig word. Hierdie is egter Suid Afrika…
Jaguar het onlangs ‘n paar joernaliste rondom ’n private renbaan in die Wes-Kaap geneem. Pleks daarvan dat dit ’n jeugdige afêre was, het dit egter die afsny van ’n era meegebring; die van die binnebrand enjin. Dog het Jaguar, soos ons reeds bewus is, al ’n tyd gelede die merkwaardige I-pace aan ons bekendgestel.
Ja, die verdwyning van die bulderinde V8 enjins is ’n jammerte, en nuwe Chinese elektriese voertuie (EVs) is besig om die mark om te dompel met lae kostes; dog is een van die eerste EVs in Suider Afrika steeds een van ons gunsteling voertuie.
Jaguar se ikoniese EV word ongelukkig geslaan deur ons hoë invoersbelasting op Europese voertuie, wat dit dus bykans onmoontlik maak om mee te ding met EVs soos die nuwe Volvo EX30.
Tog is die I-pace baie naby aan ’n ideale voertuig.
Met laaipunte wat meer en vinniger raak by die dag, is die 420km reikafstand glad nie sleg nie. Soortgelyk is hierdie EV so ruim soos ’n SUV, rustig genoeg om enige passasier aan die slaap te maak, dog vinnig genoeg om die 100km/h merk in ’n blitsige 4.8sek te haal.
Hierdie is te danke aan die 294kW en 512Nm, wat met die EV400 HSE model kom. Die voertuig huisves ‘n 90kWh battery, wat van leeg tot 98% gelaai kan word in net oor die 4 ure (met ‘n 22kW laaipunt).
GridCars het ’n paar 60kW laaipunte regoor die land instaleer, terwyl Rubicon en Audi nou ook 150kW punte instaleer het. Op ‘n 60kW laaipunt sal dit net meer as 90 minute neem, terwyl ‘n 150kW punt net ’n skrale 45minute sal vat.
Laaipunte raak kleiner, meer innoverend, vinniger, en minder skaars regoor die land, te danke aan die harde werk deur maatskappye soos GridCars en Rubicon. Terselfdetyd raak elektriese voertuie ook goedkoper, terwyl die stygende brandstofpryse die besluit elke maand net meer vergemaklik.
Bygesê is die I-pace se grootste ondergang die van prys. Teen R2 575 200 is dit bykans onmoontlik vir ieder-en-elk om een aan te skap, veral as die kompetisie nou al onder die R1 miljoen merk verkoop.
Ons gaan nie te veel praat oor die funksies van die I-pace nie, daarvan is daar genoeg alternatiewe artikels in die NamWheels.com argief.
Waaroor ons eerder kan skryf is die pad vorentoe vir Jaguar in Suider-Afrika; veral omdat dit nou hoofsaaklik op die EV mark gefokus is.
Soos reeds genoem, maak die Chinese stormvloed dit moeilik vir die Europese markte om by te hou. Terwyl luukse binnebrand voertuie nog beskikbaar is vir onder R2 miljoen, gaan kopers selde ’n EV kopskuif maak.
Met 2025 as die groot stap na EVs, gaan Jaguar terug moet stap na die sketsbord om meer bekostigbare pryse te bied.
Die vervaardiger se I-pace is volgens ons een van die beste EVs op die mark, indien nie die beste nie. Daar is ’n rede waarom hierdie die 2020 voertuig van die jaar was, en ook konstant bo aan ons lys is.
As geld nie ’n opsie was nie, sou hierdie ons onmiddelike keuse gewees het, maar ongelukkig is dit. Dit is Jaguar se grootste probleem tans in ’n land waar EV verbruikers finansieël beboet word, eerder as aangemoedig word.