Padtoets: 2024 Renault Megane R.S. 300 Trophy

‘n 1.8L, 4-silinder enjin, wat 221kW en 420Nm uitskop. Dit is Renault se antwoord op die ander 2L warm luikrugte in die mark. Die Renault Megane R.S Trophy is sowaar ’n sterk mededinger tot die populêre Golf R, Honda Civic Type R (beide 235kW en 400Nm), Hyundai i30N (206kW/ 392Nm), sowel as die (1.6 Turbo-aangejaagde) Toyota Yaris GR (198kW/360Nm). Die vraag is egter of dit steeds ’n plaaslike plek het, of ook verdoem is om pad te gee vir die SUV ‘stortvloed’.

Die Megane self is ’n uitstekende voertuig, en die R.S. Trophy is selfs beter. Ongelukkig is net die Clio die enigste Renault luikrug in ons plaaslike mark, te danke aan die “-er” klein SUVs, en dan natuurlik die KWID.

Daar is twee probleme hier, waarvan die eerste die oormaat klein-SUVs op die mark is, wat natuurlik lei tot die tweede probleem; naamlik die uitdruk van goeie, reeds gevestigde modelle. Persoonlik sien ek dit as “omgekeerde evolusie” (ek verwys nie hier na die elektriese beweging nie).

Dit is hier waar die Megane R.S. Trophy inkom. ’n Kombinasie van slegte pad-infrastruktuur, sowel as die verbruiker se satisfaksie na “omgekeerde evolusie”, maak dit nie net moeilik vir die bogenoemde model om ’n plek in Suid Afrika te vind nie, maar ook te behou, en uiteraard plaaslik uit te sterf.

Nes diegene soos Toyota en Suzuki, bewys Renault dat kleiner dalk beter mag wees. Dis nie noodwendig nodig om ’n enorme 2L eenheid in ’n luikrug te sit nie. Met slim tegnologie kan ’n kleiner enjin net soveel krag produseer. Ons tekort aan ’n autobahn maak dit immers irrelevant om so vinnig as moontlik te bestuur.

Die Megane R.S. Trophy kan natuurlik vinnig wees as dit wil. Veral in die ‘Race’ funksie, waar ‘trekkrag-beheer’ opsy skuif vir harde uitlaat klanke (sowel as ’n effense swaarder brandstof verbruik). 0-100Km/h word afgehandel in 5.7 sekondes.

https://www.youtube.com/watch?v=9wT-NdYvItY

Die probleem is egter dat die Megane R.S. Trophy heeltyd haastig wil wees, selfs in die ‘safe’ (groen blaartjie) funksie, met die vering wat redelik hard bly. Hierdie voertuig is gereed vir die baan.

Bring egter ‘n “ewenaar met beperkte gly” in sowel as 4-wiel stuur in en hierdie Megane is standvas in die vinnige draaie. Daarby gesê, hou die alkentara sports sitplekke die voorste insittendes knus vas.

Hou egter te lank aan met die pret en die 50L brandstof tenk hardloop vinnig leeg. Renault self noem dat die Megane R.S Trophy ’n verbruik van 8.2L/100km sal lewer, maar natuurlik moet laboratorium-gegenereerde brandstofveruik altyd met ’n knippie sout geneem word. Koop egter enige warm luikrug en hierdie sal die opoffering wees om te maak.

Soos lesers natuurlik van die begin af kon aflei, sal hierdie wel die laaste plaaslike Megane R.S Trophy wees, en teen R949 999, val dit presies tussen elk van die bogenoemde 2L en turbo-aangejaagde warm luikrugte. ‘n 5-jaar/150 000km waarborg en 5-jaar/90 000km diensplan word ook saam insluitend voorsien. 

Dit is nooit aangenaam om afskeid te neem van logiese, ‘waarde-vir-geld’ voertuie nie. Allermins moet ons nou totsiens sê aan die Megane en die Megane R.S. en die ‘omgekeerde evolusie’ in die gesig staar.

Leave a Comment