Padtoets: 2025 Mazda CX-30 Carbon Edition

Mazda se CX-30 dalk net die stille “Piastri” van die kompakte SUV mark

Mazda is dalk een van die stiller vervaardigers in die huidige mark, dog maak die Japanese vervaardiger uitstekende voertuie. Die nuwe CX-30 reeks is een van van hierdie voorbeelde.

Ons het onlangs die Carbon weergawe beetgekry.

Gewoontlik word daar aan motorjoernaliste die duurste voertuig in die reeks, met elke liewe opsionele ekstra’s gegee. Gelukkig is ons die keer die tweede duurste produk gestuur, terwyl die “Individual” model die duurste in die reeks is.

Dog het ons hierdie verwelkom, siende dat die prys amper in die middel van die 4-voertuig reeks val.

Hoe vergelyk die CX-30 reeks met mekaar?

Die CX-30 word in vier modelle verkoop, waarvan die “Active” die goedkoopste, en die “Individual” die duurste is. Elk van hierdie modelle word met ‘n 2.0L 4-silinder petrol enjin toegerus, wat ’n bekwame 121kW en 213 Nm lewer. Gepaard hiermee kom ook ‘n 6-spoed ratkas.

Gewoontlik het die outomatiese ratkaste in Mazda’s die tendens om ietwat hoog in die revolusies te loop tydens versnelling. Tog is die CX-30 geweldig goed opgekikker met hierdie ratkas, wat ratte meer egalig en in laer revolusies verander.

Kom ons vergelyk die vier modelle met mekaar:

 2.0 Active2.0 Dynamic2.0 Carbon2.0 Individual
Enjin2.0L 4-silinder, petrol
Ratkas6-spoed outomaties
HoofligteLEDLED met dagligteLED met dagligteLED met dagligte
Wiele16-duim allooi18-duim allooi18-duim allooi wiele in swart18-duim allooi wiele in swart
Binneruim bekleedselLeer bekleedsel met selfs ’n leer stuurwiel en rathefboomSoos in die Active modelLeer bekleedsel met rooi stikselsLeer bekleedsel in “retro sports” swart en terracotta suede
Informasie skerm10.25-duim raakskerm (net tydens stilstand)
KonnektiwiteitAndroid Auto en draadlose Apple CarPlay / USB-C poorte
Klanksisteem8 luidsprekersBose audio 12 luidspreker sisteem
Ander tegnologieSleutellose aan / afskakeling, outomatiese hoofligte / outomatiese ruituitveërs / Spoed beheer / elektroniese handremSoos in die Active model, sowel as parkering sensors, sleutellose toegang, dubbele klimaat beheer / stuurwiel ratverwisseling / draadlose laaipunt / trurat kameraSoos in die Active en Dynamic modelle, sowel as met ’n sondak en elektriese kattebak.Soos in die Active, Dynamic en Carbon modelle, sowel as met ‘n elektriese bestuurders sitplek, ’n raamlose tru-spieëltjie, en blindekol monitor.

Elk van die 4 modelle kom met dubbele voorste-, kant, en gordyn lugsakke. Ander veiligheids standaarde sluit ABS (met EBD), stabiliteits beheer, outomatiese bult stilstand, en ISOFIX punte in.

’n Kompiterende mark

Mazda se CX-30 veg in die uiters mededingende, kompakte SUV segment. Die Sjinese is besig om skoonskip te maak hiervan, bloot asgevolg van die die kombinasie van luukshede en goeie pryse.

Hier is sommige van die mededingers:

 Mazda CX-30Jaecoo J7Volkswagen T-Roc
Enjin2.0L Petrol (121kW en 213 Nm)1.6 TGDI (145kW en 290Nm)1.4L TSI (110kW en 250Nm of 2L TSI (140kW en 320Nm)
Ratkas6-spoed outomaties7-spoed DCT (outomaties)7-spoed DSG in die intreevlak of 8-spoed tiptronic
PryseR470 000 – R641 900R549 900 – R679 900R649 900 – R760,100

Die CX-30 is beslis die goedkoopste in vergelyking met die Sjinese en Duitse mededingers. Nie net is die aankoop prys veel goedkoper nie, maar sal dit ook veel goedkoper wees om te onderhou, te danke aan die enjin, wat sonder ’n turbo is.

Natuurlik is die Mazda CX-30 dus ietwat luier as die ander twee, maar loop dit ook veel rustiger en meer egalig, veral in die dorp. Met die ander twee mag die turbo en ratkas kombinasies, ietwat van ’n rukkerige gevoel gee teen lae spoed.

Die Mazda en Jaecoo wen ook in terme van standaard funksies, met Volkswagen, wat egter ekstra vra vir hierdie opsionele ekstras. ’n Wen vir die Sjinese en Duitsers is egter dat 4-wiel trek in die reeks aangebied word, terwyl die CX-30 net voorwiel aangedrewe is.

Laastens, wen die Sjinese beslis as dit by tegnologie in die binneruim kom. Dog voel meeste Sjinese tegnologie ietwat oortollig, terwyl die Mazda minimalisties, en uiters gemaklik voorkom.

Mazda doen die ondenkbare

Sedert die oorvloed van Sjinese voertuie die mark progressief sedert 2021 begin binnedring het, kry ons selde die geleentheid om ’n ander vervaardiger die prys te gee; veral in die SUV mark.

Tog het Mazda juis hierdie uitstekend reg gekry met hul CX-30. Om ’n moptorsport metafoor te gebruik, kan die CX-30 met die huidige (Mei 2025) Formule een voorloper vergelyk word. Nes Oscar Piastri, maak die CX-30 geen bohaai nie.

Stilweg, doen die vervaardiger maar net sy eie ding. Vele mag dalk vir Mazda mis kyk, tog is dit die eintlike wenner.

Pryse:

  • Mazda CX-30 2.0 Active: R470 000
  • Mazda CX-30 2.0 Dynamic: 579 400
  • Mazda CX-30 2.0 Carbon: R597 800
  • Mazda CX-30 2.0 Individual: R641 900

Elk van die modelle kom met ‘n 5-jaar waarborg en diensplan.

Leave a Comment