Padtoets: Mahindra Pik-Up Dubbelkajuit

Mahindra neem groter gedeelte van bakkie mark

Met redelike goeie verkope in die bakkie mark tydens begin-2018, het Mahindra al beter begin doen met hul nuwe Pik-Up model. Hierdie artikel sal juis kyk na die redes waarom hierdie die geval is.

In geheel was die Mahindra Pik-Up in die lae top-10 top bakkie verkopers aan die begin van 2018. Een van die definitiewe redes vir hierdie tendens, is natuurlik die Pik-Up dubbelkajuit se prys. Teen ongeveer R350,000 (in Suid-Afrika) is dit die goedkoopste 4×4 dubbelkajuit tans op die mark. Tweedens bied dit ook ‘n baie goeie pakket met ‘n vier jaar / 120 000km waarborg, pad bystand, en ‘n vyf jaar / 90 000km diensplan.



Die S10 (dubbelkajuit model) kom ook met luukshede soos ABS, kragstuur, lugsakke, elektriese vensters, lugversorging, en ‘n radio met CD speler.

Hoewel die Mahindra Pik-Up steeds baie koppe laat draai (vir die verkeerde redes), het die vervaardiger baie gedoen om die voertuig op te gradeer. Tesame met meer kraglewering en beter hantering, is die Mahindra dalk nie die swart skaap wat uitstaan nie.

Daar is ook sprake dat die Mahindra binnekort in Suid Afrika vervaardig sal word, wat uitvoer- en vervaardigings-pryse geweldig sal stabiliseer. Mahindra is ook besig om al meer steun in Suid Afrika te kry, soos wat die produk as meer stabiel en betroubaar beskou word.

Wat is nuut:

As deel van die opgraderings vir die S10 model, het Mahindra ‘n nuwe voor- en agterstang aangeheg met nuwe hoofligte (dagligte).

Binne is die Pik-Up baie goed toegerus en lyk dit ietwat beter as die buitekant. Mahindra het taamlike werk gedoen rondom die vorige model se plastiek binneruim, met vele paneelgapings.

Die nuwe binneruim lyk gesofistikeerd met ‘n swart, dog meer eksklusiewe ontwerp. Beenspasie is ook nie ‘n probleem nie en met die hoë dak kan amper enigiemand gemaklik sit. Die hoë bou van die Pik-Up bring egter taamlike windgeraas.

As deel van die binneruim kom daar ook ventilasie en klein stoorspasies vir die agterste passasiers. Agter kom daar ook Isofix punte by.

Die Mahindra het egter nog steeds baie van die Scorpio model se ontwerp en lyk dus oudmodies. Die bakkie staan hoog, met ‘n baie noue en reguit voorkoms. Dit is nie juis die aantreklikste voertuig op die mark nie.

Waartoe is die Mahindra Pik-Up S10 in staat:

Met nuwe ABS, EBD en dubbel lugsakke, is die Pik-Up veel veiliger as die vorige variante. Dit is ook in staat om 995kg op die laaibak te laai. Dit is ook in staat om 2 500 kg te trek. Laasgenoemde is glad nie te sleg nie.

Tweedens is kraglewering ietwat aan die lae kant, met die 2.2 turbodiesel wat net 103kW en 320 Nm lewer in lae rovolusies. Kombineer dit egter met die nuwe ses-spoed handrat en die kraglewering is nie te sleg nie.

Alhoewel hierdie 4×4 nie duine of hoë berge kan laat les opsê nie, is dit goed toegerus vir die langpad en plaaspaaie. Die ratkas is effektief, met revolusies wat teen 2 500 opm (teen 120km/h) harloop). Die diesel is dus relatief stil; met brandstofverbruik wat net oor 9.2 l / 100km is.

Waarvan hou ons nie:

Met die voertuig, wat redelik lank (5 175mm) en hoog is, is die Pik-Up moeilik om te hanteer in knap spasies. Hoewel dit verbasend standvastig teen spoed in die Kaapse wind is, bring dit baie windgeraas. Die stuur is ook swaar en voel ietwat soos ‘n plaastrekker.

Met 2H, 4H en 4L is die Mahindra instaat om die grondpad en dalk ‘n stadige en steil bult te klim, maar ons verkies steeds om die voertuig hoofsaaklik op oop grondpaaie te gebruik.

Alhoewel ‘n groot ses duim streel paneel (met bloutand, USB en Aux) en navigasie sisteem baie handig is, juis verassend met so ‘n bekostigbare voertuig, is die paneel laag geposisioneer. Hierdie veroorsaak dat die bestuurder se oë met tye verder na onder moet strek. Dit lei tot minder aandag op die pad.

Opsomming:

Hoewel die Mahindra Pik-Up nie die mees aantreklike voertuig is nie, het die vervaardiger baie gedoen om die voertuig te verbeter. Hoewel die bakkie ook die primêre doel sal verrig as werksvoertuig, kan di t ook nou meer gebruik word vir naweek- en plesier aktiwiteite.

Met die prys is die Pik-Up baie kompeterend en is dit verstaanbaar waarom dit tans as die sewende hoogs verkoopte bakkie in Suid-Afrika gesien word.

Teks: Franco Theron
Foto’s: Galimoto Media 


Performance:

0-10km/h: 0,46 seconds
0-20km/h: 0,94 seconds
0-30km/h: 1,69 seconds
0-40km/h: 2,71 seconds
0-50km/h: 3,78 seconds
0-60km/h: 5,01 seconds
0-70km/h: 6,63 seconds
0-80km/h: 8,18 seconds
0-90km/h: 10,00 seconds
0-100km/h: 12,40 seconds
0-110km/h: 14,92 seconds
0-120km/h: 17,87 seconds
0-130km/h: 22,36 seconds
0-140km/h: 28,08 seconds

0-100m: 7,65 seconds @ 76,74km/h
0-200m: 11,75 seconds @ 97,29km/h
0-300m: 15,19 seconds @ 111,32km/h
0-400m: 18,28 seconds @ 121,20km/h

100-0km/h: 3,50 seconds @ 43,98 meters (once-off)

——————————-

0-10mph: 0,74 seconds
0-20mph: 1,89 seconds
0-30mph: 3,59 seconds
0-40mph: 5,80 seconds
0-50mph: 8,25 seconds
0-60mph: 11,59 seconds
0-70mph: 15,56 seconds
0-80mph: 21,75 seconds

1/4 mile: 18,35 seconds @ 75,48 mph

Maximum acceleration G-force: 0,63G

Altitude: 60m

All data captured by Racelogic® Performance Box

Leave a Comment