‘n Kar wat vele harte steel
Die opgedateerde 2017 Captur mag dalk vir baie vreemd lyk, ietwat soos ‘n skilpad wat besluit het om vir ‘n Donald Trump “spray tan” te gaan. Gedurende ons week met die Captur, was die konsensus egter die omgekeerde en het talle persone gesoek na ‘n foto, of slegs net ‘n binne toer van die voertuig. Die Captur is presies waarna die naam verwys, ‘n voertuig wat individue se harte steel met die eerste oogopslag.
Waarom nie? Met kompetisie soos die Mazda CX-3, Toyota CHR en Hyundai Creta, staan die Captur uit bo die normale en konserwatiewe ontwerpe. Skakel die voertuig aan en twee halfmaan LED-dagligte trek ook nog meer aandag. Die punt kan vir Renault gaan.
Teen R294 900 is dit dalk ook nie so ‘n duur koop nie. Bykomend kom natuurlik ‘n 3 jaar/40 000 km diensplan, 5 jaar /150 000 km waarborg.
Die Captur bied ook baie goeie kwaliteit aan die binnekant, met deeglike plastiek- en leer bekleedsels. Bykomend is ‘n ‘Megane’ 6-gang handrat, streelpaneel met bloutand (“Bluetooth”) en USB, sowel as sitplek verwarmers vir die twee voorste persone. Agter is spasie heel gerieflik en kan die 377 liter kattebak vermeerder word na 1235l. Hierdie is nogals verbasende statistieke vir so ‘n klein voertuig.
Nadele aan die binnekant is egter dat die Captur effense paneel vibrasies optel teen 100km/h. Ons het ook net duskant 1000 km met die Captur afgelê. Hoewel die Captur se suspensie heel gerieflik was op die langpad, was dit effens hard binne stedelike verkeer.
‘n Laaste lastigheid is ook die handrem, wat redelik stywer opgetrek sal moet word as normaal teen bulte. Dit is natuurlik maklik om die handrem net verder op te trek, maar die afdruk proses mag dalk moeiliker wees. ‘n Tweevoudige probleem, wat of in ‘n stadige wegtrek, of in ‘n duur herstel bedrag sal verander.
Met ‘n 6-spoed ratkas, ‘n 1.5 liter turbo aangedrewe, 4 silynder enjin, het Renault ook genoem dat hul brandstof verbruik rondom die 5.6 liter per 100km merk mag wees. Met ‘n lui voet en effektiewe ratwisselings op die langpad, het ons egter gesukkel om hierdie merk teen 6.5 liter / 100 km. Ons Petrol enjin mag egter dalk baie swaarder gewees het en dit word gereken dat die Diesel dalk onder die 5.4 liter merk mag loop.
Die Captur kom uit in verskeie weergawes, waarvan die 1.5 diesel weergawe met 66kW en 220Nm die uitblinker is. Alhoewel daar ‘n 88kw en 1.2 liter weergawe is, staan die 1.5 Diesel bekend as die beste kombinasie tussen krag en ekonomie.
In terme van veiligheid is die Captur natuurlik voor op die wa. Met SRS lugsakke, noodrem hulp, sykant draai beligting, ABS parkeer sensors en 3 ISOFIX punte is die Captur ‘n goeie voorloper. ‘n Nadeel hier is egter dat die Cruise Control funksie nie op die stuurwiel monteer is nie, maar eerder langs die bestuurder se sitplek, agter die rathefboom. Hierdie mag dalk ‘n veiligheids risiko wees.
Met addisionele ekstra’s (nie beskikbaar in ons toetsmotor) kan outomatiese ruitveërs natuurlik gekoppel word.
Die Captur, ná deeglike toetse, is beide goed in die stad, sowel as die langpad, maar met elkeen is die Captur egter nie perfek nie en is daar nog ruimte vir verbetering. Op die langpad is die paneel geraas, spoedbeheer, sowel as ‘n tekort aan ‘n ‘lewendige-situasie-analise’ GPS ‘n probleem.
In die stad is die harde vering eintlik die enigste probleem.
Die Captur is dus ‘n uitstekende stadsvoertuig. Klein genoeg om rond te rits en in klein parkeerspasies te stop, sowel as om vanaf sypaadjies te ry (te danke aan ‘n hoër ryvlak). Steeds is die Captur een van die mees praktiese voertuie (in die segment) in terme van binneruim.
Die Captur is dus ‘n voertuig wat onmiddelik in die harte van vele kruip, sowel as om brandstof ekonomies (diesel weergawe), prakties (binne en buite) en kragtig genoeg kan wees om gou vining na die spoed limiet van 120km/h (en selfs 15km/h meer) te versnel buite die stad.
Teks: Franco Theron
Foto’s: Galimoto Media