Die gevaar op die pad
Ons lewe tans in ‘n wêreld met daaglikse tegnologiese innovasies. ‘n Aspek wat veral bydra tot die motor industrie. Jaarliks, maandeliks en selfs daagliks, is daar nuwe innovasies waarmee voertuie veiliger, meer pret, ruimer en meer tegnologies gevorderd ontwerp kan word … en dan is daar die Renault Kwid AMT 1.0 Dynamic.
Met een ster vir veiligheid (Global NCAP) kan reeds gesien word waarna hierdie artikel mik. Vir ‘n tweede keer in etlike maande het Galimoto Media die geleentheid gehad om die Renault Kwid AMT te toets, en dié keer gaan ons nie doekies omdraai nie.
Die week met die Kwid het my weereens laat dink aan my relatief kort voertuig geskiedenis. Tydens my student jare, het ek ‘n 2003 voertuig bestuur met geen ABS en lugsakke nie. Hierdie spesifieke en ikoniese voertuig is van die Suid-Afrikaanse mark gehaal weens die vervaardiger se soeke na ‘n veiliger, maar steeds bekostigbare voertuig.
My studentejare het geëindig en hoewel ek ‘n model aangekoop het wat drie jaar ouer as my studentevoertuig was, is dit ‘n voertuig met uitstekende beheer, goeie spasie, ‘n kanniedood enjin en ABS. Ja, hierdie was nie die grootste en mees luukse voertuig toe dit geloods is nie, maar dit het vir my ‘n kritiese belangrike punt gewys.
Twee jaar gelede het ek die (toe) 16 jarige oue model gekoop vir meer as die helfte van die Kwid se AMT prys. Soos reeds genoem is dit ‘n voertuig met uitstekende beheer, ABS en selfs hoofligte wat vanself af- en aanskakel.
Die ander kant van die spektrum is weer die soektog na ‘n splinternuwe voertuig, met minimale kilometers en ‘n goeie waarborg. Die Kwid, teen R146 900 en ‘n vyf jaar / 150 000km meganiese waarborg / ses-jaar anti-roes waarborg, lyk baie aanloklik. Veral siendie dat die Kwid AMT die goedkoopste outomatiese voertuig op die mark is, 300 liter kattebak spasie bied en boonop ‘n grondhoogte van 180mm het.
Nóg lokpunte is die brandstofverbruik, wat net rondom die 5L/100km draai, ‘n vyfspoed outomatiese ratkas, streelpaneel, 51kW en 91Nm. Op papier lyk hierdie dus na ‘n baie goeie stadsvoertuig. Boonop lyk dit ‘oulik’ en vang dit maklik die oog.
Elk van hierdie is dan redes waarom die Kwid tans die vyfde algehele plek hou as top verkoper onder passasiers voertuie in Suid Afrika (Junie 2018).
Die probleme begin egter sodra die Kwid se deure oopgemaak word. ‘n Hol metaal struktuur veroorsaak dat die Kwid relatief baie wind en padgeraas optel. Tweedens is die voertuig ook nie baie stabiel in die Kaapse wind nie en verloor dit traksie op elke klein klippie in die pad.
Om die kar aan te skakel, moet die sleutel eers halfpad geswaai word en moet daar vir ongeveer vier sekondes gewag word voordat die enjin aan die lewe gebring kan word. Nie ideaal vir ‘n gevaarsituasie nie. Draai die AMT knop na “drive” en die drie sylinder begin om die voertuig stadig momentum te gee.
Die grootste probleem kom op die pad. Met elke ratwisseling sal die voertuig ‘n ruk gee, ‘n punt wat Renault oorspronklik genoem het as iets wat opgelos kan word. Met elke verwagte ratwisseling word daar van die bestuurder verwag om hul regtervoet met 75% te lig om sodoende die ruk aksie te minimaliseer. Ons het hierdie ‘n paar keer probeer. Die gevolg is ‘n voertuig wat glad nie weet wat om te doen nie.
Dieselfde geld vir enige verbysteek van ander voertuie, wat nie eintlik haalbaar is nie. Trap jou regtervoet plat en die Kwid sal vir ongeveer ‘n sekonde in neutraal ingaan voor die ratkas sy lewensdoel besef.
Hoewel Renault genoem het dat die volgende model opgradering darem ‘n lugsak vir die voorste passasier en ABS sal byvoeg, kan ons nie help om te dink dat Renault se Twizzy of selfs ‘n voortsetting van die ou Clio (net met nuwe tegnologie) ‘n beter opsie sou wees nie.
Hoewel die eienaarskap van ‘n splinternuwe voertuig dalk ‘n aanloklike faktor sal wees, kan ons nie help om tweedehandse voertuie met ‘n diensplan, mis te kyk nie. Daar is vele voertuie wat nuut aangekoop word, maar weer na ‘n jaar of twee hande verruil. Pryse is dus relatief laag en die dienswaarborg is nog beskikbaar.
Indien jy die nuwe eienaar is van ‘n Kwid of belangstel in een, sal ons jou aanraai om te sorg dat jou lewenspolis en mediese versekering in plek is.
Teks: Franco Theron
Foto’s: Galimoto Media
Performance:
0-10km/h: 0,60 seconds
0-20km/h: 1,25 seconds
0-30km/h: 3,01 seconds
0-40km/h: 4,09 seconds
0-50km/h: 5,02 seconds
0-60km/h: 7,44 seconds
0-70km/h: 8,82 seconds
0-80km/h: 10,24 seconds
0-90km/h: 11,84 seconds
0-100km/h: 15,45 seconds
0-110km/h: 17,94 seconds
0-120km/h: 20,92 seconds
0-130km/h: 27,93 seconds
0-140km/h: 36,56 seconds
0-100m: 8,74 seconds @ 69,33km/h
0-200m: 13,09 seconds @ 89,91km/h
0-300m: 16,77 seconds @ 105,53km/h
0-400m: 20,00 seconds @ 116,98km/h
100-0km/h: 3,89 seconds @ 52,64 meters (once-off)
——————————-
0-10mph: 1,00 seconds
0-20mph: 3,27 seconds
0-30mph: 4,87 seconds
0-40mph: 8,04 seconds
0-50mph: 10,31 seconds
0-60mph: 14,66 seconds
0-70mph: 18,65 seconds
0-80mph: 26,80 seconds
1/4 mile: 20,07 seconds @ 72,83 mph
Maximum acceleration G-force: 0,47G
Altitude: 60m
All data captured by Racelogic® Performance Box
Ahaа, itѕ good сonversation regarding this article