Die veelsydige en bekostigbare Renault Duster is weereens in ons oprit, maar na vele toetse met die einste model oor die vorige paar jare (dit sluit selfs ‘n toer na Lüderitz in) vra ons onsself die vraag af: “Wat maak hierdie Duster juis anders?”
Dynamique
Padtoets: Renault Kwid AMT 1.0 Dynamic
Die gevaar op die pad
Ons lewe tans in ‘n wêreld met daaglikse tegnologiese innovasies. ‘n Aspek wat veral bydra tot die motor industrie. Jaarliks, maandeliks en selfs daagliks, is daar nuwe innovasies waarmee voertuie veiliger, meer pret, ruimer en meer tegnologies gevorderd ontwerp kan word … en dan is daar die Renault Kwid AMT 1.0 Dynamic.
Padtoets: 2018 Renault Kwid Dynamique AMT Auto
Die stoute tiener wat nie luister nie
Indien jy pas die splinternuwe Renault Kwid aangekoop het, sal ons jou sterk aanraai om nie hierdie artikel verder te lees nie.
Die Kwid het op ons voorstoep verskyn, nes ons die vorige week ‘n soortgelyke en ewe bekostigbare voertuig getoets het. Ons was aangenaam verras met die motor, siende dat selfs prys daar nie eers die kwaliteit van die voertuig kon beïnvloed nie. Die Kwid het egter ‘n ander prentjie geverf.
Padtoets: Renault Megane dCi Dynamique
Dynamique, magnifique!
Ek kan aan geen slim opmerking dink om ‘n ekstra stertjie by te voeg by die opskrif van hierdie artikel nie behalwe die woord magnifique. Die rede: my Frans is regtig gebrekkig. Maar dit beteken nie dat ek opgewonde was oor die splinternuwe Renault Megane luikrug nie!