Suzuki slaggereed vir die #JimnyGathering

In 2022 het Suzuki Suid Afrika aangekondig dat dit op die naweek rondom Erfenis dag (22 tot 24 September 2023) ’n Jimny saamtrek sal hou. Suzuki het pas bevestig dat hulle ’n addisionele Suzuki Safari Town Fees saam met die #JimnyGathering sal hou op 23 September.

Terwyl die #JimnyGathering byeenkoms beoog om soveel as moontlik Jimnies bymekaar te kry in die beeldskone Vrystaat dorp van Clarens, sal die Suzuki Safari Town Fees oop wees vir almal. Selfs nie-Suzuki eienaars is genooi om die fees by te woon, en kaartjies sal vir tussen R60 en R250 beskikbaar wees.

Die fees op 23 September beloof om musiek talent, kos en algehele vermaak vir almal te bied. Daar sal onderandere vermaaklikheid wees vir alle ouderdomme.

Duidelik volg Suzuki dieselfde filosofie as met hul wye reeks voertuie; om iets vir ieder-en-elk te bied.

Die fees sal ook vele bekende name huisves, soos Femi Koya en Black Heidi, die komediant, Schalk Bezuidenhout (self ’n Jimny eienaar), asook vele musiek optredes van Mango Groove, Spoegwolf en Goodluck. Rugby aanhangers sal ook bly wees om te hoor dat die SA / Ierland spel lewendig uitgesaai sal word om 21:00.

Ons sal jou sterk aanraai om so vinnig moontlik kaartjies by https://www.jimnygathering.co.za of https://www.safaritown.co.za aan te koop, siende dat die #JimnyGathering self al gons oor alle sosiale media platforms. Suzuki Met ’n beraamde 20 000 Jimnies in Suider-Afrika, gaan Clarens beslis die plek wees om in te wees op Erfenis dag.

Ons sien julle daar!

Leave a Comment