Die nuwe Audi Q5 & SQ5: Die standaard word verhoog in ‘n oorvol marksegment

Ek het dit al in ‘n vorige Audi-resensie gesê, en ek sê dit weer: in ‘n motorbedryf wat al hoe meer mededingend raak – met voortdurend nuwe motors wat uit die Ooste opdaag – verhoog dit beslis die standaard wanneer ‘n mens in ‘n goed vervaardigde, premium Duitse motor klim en dit toets. Daar is ‘n soort meganiese en strukturele verfyning hier wat ander motorvervaardigers sukkel om na te boots. Hierdie nuwe Q5-reeks, wat in Mexiko vervaardig word, is die perfekte voorbeeld daarvan.

Read more