Puik waarde vir geld
Kort op die hakke van ‘n toetsrit met GWM se H5 vysitplek SUV, wat ‘n uiters gunstige indruk gemaak het, het ‘n toetsrit oor dieselfde roete met die Steed 5 dubbelkajuit 2.0 liter VGT gevolg. En in hierdie geval het die Steed 5 bakkie selfs nog ‘n beter indruk gemaak as sy eersgenoemde neef uit dieselfde stal, alhoewel hulle verskillende klante lok.