Die slim Swede
As ‘n mens van veilige gesinsmotors praat sal dit nie lank vat voordat iemand die handelsmerk Volvo noem nie. Dié vervaardiger geniet ‘n trotse geskiedenis propvol motors wat goeie kwaliteit met veiligheid en verrigting gekombineer het.