Het jy R 1,3 miljoen in die sak, wat brand om ‘n sportiewe Audi te koop? Dan is jy beslis op die regte plek. Ons het pas die Duitse vervaardiger se twee blits familie-voertuie getoets en kan ‘n uitstekende antwoord gee.
Wel, eintlik nie.
Sien, beide Audi se nuwe 2019 RS4 Avant en RS5 is eintlik maar dieselfde voertuig. Behalwe vir die RS4 se stasiewa figuur, wat heelwat anders as die RS5 se sport sedan voorkoms lyk, word beide gedryf deur deiselfde hart.
Beide is in Maart 2019 bekend gestel, hardloop met ‘n v6 turbo aangedrewe 2.9liter petrol enjin wat 331kW en 600 Nm (teen 1900 opm) uitskop, kan vyf persone huisves, het ‘n agt-spoed DSG ratkas, gee ongeveer 9 liter per 100km, kan 620km op ‘n vol tenk kry (wel net soms), en behaal die 100km/h merk vanaf stillstand in ‘n skrale 3.93 sekondes.
Verder het beide 6 sakke met lug (lugsakke), traksie beheer, elektroniese rem verspreiding, ABS, stabiliteits beheer, ‘n 100 000km / 5 jaar diens waarborg, sowel as ‘n een jaar / onverstreke aantal km waarborg, LED dagligte, Xenon hoofligte, allooi wiele, outo aan/af ligte, spoedbeheer, parkering sensors, ‘n trurat kamera, sowel as dieselfde grootte bande.
Binne is beide toegerus met USB gleuwe, sportiewe leer bekleedsel, dubbele klimaat beheer, bloutand en kragstuur.
Die twee voertuie is so eenders, dat albei selfs dieselfde lengte (4782 mm) en wielbasis (2826mm) het.
Waarom sal Audi dan twee van dieselfde voertuie maak?
Die antwoord is eenvoudig. Beide het dieselfde hart, skop jou terug in ‘n ander bloedgroep en het dieselfde padhouvermoë, maar het egter een groot verskil.
Waar die RS5 meer sportief lyk, kan die RS4 Avant meer bagasie bevat. Ja, dit is dalk nie die norm van hoe ‘n sportiewe voertuig moet lyk nie, maar glo ons as ons sê dat hierdie RS4 Avant jou goed sal verras.
Dit mag dalk nie die gemaklikste suspensie hê (selfs in “comfort) nie, maar laai die RS4 vol bagasie en vier persone, en die kar sal met gemak van punt A tot B kom en die afstand net miskien ‘n klein bietjie vinniger maak.
Die RS4 Avant is 27 mm hoër as die RS5 en kan met ‘n ‘n bagasie volume tussen 505- en 1510 liter, ‘n volle 200 liter meer begasie vat. Om dit binne konteks te plaas, kan die RS4 Avant ongeveer ‘n klein intree luikrug se bagasie stoor, terwyl die RS5 gebruik sal moet maak van ‘n dakrak of sleepwa (maar moenie…). Sou dit ook nodig wees, kan die RS4 swaarder gewigte sleep (1900kg).
Ja, die RS5 is ‘n goeie voertuig in eie reg, maar ons neig om meer na die RS4 Avant se kant te skuif.
Vir hierdie klas geld, maak die RS4 net soveel meer sin.
Tans is daar nie veel kompitisie vir die RS4 Avant in Suider Afrika nie, waar die RS5 dalk aan die korter ent van die stok mag kou, wanneer dit kom by kompetisie. Geen ander vervaardiger in die land maak tans ‘n stasie of sportswa nie en dit is die einste rede vir ons keuse.
Selfs met ‘n kleiner V6 turbo-enjin ( vanaf die vorige 4.2 liter v8 enjin), is die twee vinniger as die vorige weergawes en skop dit 40% meer wringkrag uit.
Audi het die spyker op die kop geslaan met die een, maar die keuse is egter steeds joune. Met R1.3 miljoen om te spandeer op jou volgende sports-familie voertuig, mag die Audi RS5 of RS4 Avant dalk net die ideale antwoord wees.