Slegs twee weke na Volkswagen se nuwe T-Cross die Suider-Afrikaanse mark getref het in September, het Volkswagen elke maand drie voertuie in die top-10 landwye verkope gesien. Met ‘n markwaarde van 22% in Oktober, het die T-Cross die derde beste Volkswagen verkoper geraak, naas die Polo Vivo en die Polo.
Ons was gelukkig genoeg om tot dusver meer as 2500km met hierdie nuwe reeks af te lê en met die 70kW Trendline en Comfortine (handrat), sowel as die 1.5 R-Line, wat vroeg in 2020 op die continent aanland, sien ons beslis uit om nog kilometers by te voeg.
Na beide toetse met die huidige 1.0 liter 85kW / 200 Nm (DSG) Comfortline en Highline, is daar vining besef, waarom die T-Cross so ‘n uitstekende verkoper is. Volkswagen het dit reg gekry om kopers, binne die handelsmerk te hou, sonder om die verkope van hul Polo Vivo en Polo modelle te beinvloed.
Die T-Cross, met ‘n 182mm langer en 123mm höer bakwerk as die Polo, is natuurlik gemik vir jong families, of ‘n alternatief vir toeriste om die Groen roete aan te pak. Met 10mm meer beenspasie in die agterste ry, is daar ook genoeg plek vir twee volwassenes, of drie tieners.

‘n Verlengde bakwerk, beteken ook meer spasie. Met 455 liter stoorspasie (1281 liter met die agterste sitplekke afgeslaan), is die T-Cross een van ruimste voertuie, wat selfs groter SUV vervaardigers terug na die sketsbord neem.
Elk van die T-Cross modelle sal as standaard met 4 USB punte (2 voor en 2 agter), ‘n verfrissende kontrole paneel, elektriese vensters en ‘n leer-bekleedte stuurwiel.
Met ons Highline toets eenheid, het ‘n koordlose laaiplatform, dubbele klimaat beheer, LED hoofligte, Apple CarPlay en Android Auto gekom. As standaard kom die Köln 18-duim wiele saam met die Highline, maar natuurlik was ons Highline ook beklee met die R17 850 opsionele ekstra R-Line pakket gekom.
Aan die binneruim, is ons toets eenheid ook met ‘n informasie sisteem uitgebring, wat ‘n 12.3 duim streel paneel insluit. Hierdie stelsel sluit ook natuurlik navigasie in, sowel as ‘n trurat kamera en gevaar sensors reg rondom die voertuig.

Die uitskieter van die T-Cross is egter die brandstof verbruik sowel as die algehele enjin gehalte. Vir ‘n 3-silinder petrol eenheid (dieselfde eenheid, wat in die nuwe Polo gevind word), was ons uiters verbaas.
Met ‘n sewe-spoed DSG ratkas, is die T-Cross rustig op die oop pad en kan dit selfs gemaklik ‘n spoed van 120km/h + haal (te danke aan die Sport funksie). Verstel egter die voertuig na “eco” en ‘n brandstof verbruik bo 6l / 100km sal selde gehaal word.
Die eco funksionaliteit maak natuurlik die enjin effe rustiger, wat dalk die reaksie tyd van die regter pedaal mag beinvloed, maar in vergelyking met baie ander (en veel duurder) DSG voertuie, pas die ratkas baie goed by die T-Cross.
Natuurlik moet dit besef word dat die T-Cross nie vier-wiel trek het nie, maar selfs hiermee, is die T-Cross gemaklik op die grondpad, met goeie en ferm traksie.

In ag genome dat die T-Cross nie plaaslik vervaardig word nie en vanaf Brazil ingevoer word, het Volkswagen die voertuig redelik goed geprys. Soos reeds genoem sal 2020 ook die aankoms van die sub-R300 000 Trendline, sowel as die 1.5 R-Line sien.
Na mening sal die Trendline die T-Cross se verkope nog verder laat styg.
Pryse:
- 1.0 TSI 85kW Comfortline DSG R334 600
- 1.0 TSI 85kW Highline DSG R365 000
- 1.5 TSI 110kW R-Line DSG R403 500
Elk van die T-Cross modelle kom standaard met ‘n 3-jaar / 120 000km waarborg, 3-jaar / 45 000km diensplan en ‘n 12-jaar anti-roes waarborg.
Verseker!