Audi het oë op Dakar

Audi Motorsport het pas aangedui dat hulle vannaf 2022 die wêreld beroemde Dakar-tydren sal aanpak; en nes die vervaardiger in die 80’s die wêreld bekend gestel het aan nuwe tegnologieë, beplan dit om dieselfde spore te volg.



Die slagspreuk “ Vorsprung durch Tecknik” is bekend vir innovasie. Dus beplan Audi om die toekoms van pad voertuie deur middel van motorsport te dryf.

Dus beplan die vier-ring emblem om ‘n prototipe te bou, wat gedryf word deur ‘n hoë spanning battery kragaandrywer.

Die Duitse vervaardiger se naam het bekend geraak in 1981, toe die Audi Quattro sisteem die Wêreld Tydren Kampioenskap op sy kop gedraai het. Vandag is 4-wiel trek geintigreerd in die kampioenskap en sien meeste van Audi se produksie voertuie, hierdie sisteem.

Nou is dit die beurt vir die E-tron sisteem om die mark te verander, nes die Quattro sisteem, 40-jaar gelede gedoen het.

Die elektroniese sisteem sal toelaat dat die voertuig gelaai sal word terwyl die jaers aan die sneltrajekte deelneem. Audi se befaamde TFSI enjin sal ook deel uitmaak van hierdie krag eenheid. Alhoewel 2022 hierdie kombinasie sal sien, is die hoop dat die daaropvolgende jare die elektriese toestel sal verbeter.

Audi sal ook die eerste vervaardiger wees om hierdie alternatiewe konsep aan te pak vir die Dakar tydren en sal dit beoog om die historiese 2012 Le Mans 24 uur, hibriede oorwinning te ewenaar in die woestyn.

Ons almal weet natuurlik ook hoe suksesvol Audi was om vir drie opeenvolgende jare, die Le Mans 24 uur te wen.

Nie net het die vervaardiger die LMP1 ondervinding om op te steun nie, maar ook die suksesvolle deelname in Formule E sedert 2014. Natuurlik is die Audi span ook tot op hede die mees suksesvolle span in die 6-jaar geskiedenis van Formule E met 43 posiums, twaalf oorwinnings, sowel as ‘n bestuurders titel in 2017 en ‘n span titel in 2018.

Drie jaar  nadat Audi beoog om die Dakar aan te pak, mik dit ook om 40% van alle produksie voertuie as suiwer elektries te hê. Die ekstreme weer- en terrain toestande van die Dakar sal help om hierdie elektrifiserings fokus te dryf.

Audi kyk ook na die moontlikheid om deel te neem aan die nuwe LMDh kategorie by die 24 uur ren van Daytona en Le Mans.

Leave a Comment