Suzuki Suid-Afrika het onlangs ’n geweldige besige en suksesvolle twee weke gehad; nie net in terme van verkoop syfers nie, maar ook in terme van die nuwe modelle wat dit op die mark bekendstel gestel was. Vanjaar alleen het die huidige derde beste passasier voertuigverkoper in die land al die Eeco bekend gestel, sowel as die kompakte SUV, die Fronx. Verder het die vervaardig nog opgraderings tot hul huidige modelle gebring.
Die vervaardiger het onlangs die nuwe XL6 bekendgestel, terwyl die 5-deur Jimny slegs ’n dag daarna by die Kyalami Spoed fees aan die publiek bekend gestel was
Net soos met die Eeco en die Fronx, het Suzuki Suid-Afrika ‘n gaping binne die mark gesien; hierdie keer rondom die behoefte aan meer ses-sitplek voertuie op die mark.
Die nuwe XL6 is daarop gemik om onder die (ook onlangs bekendgestelde) Grand Vitara in te pas, maar dit het die meeste sitplekke beskikbaar in die Suzuki-reeks en sal ook ongeveer 100 mm langer wees as die laasgenoemde (teen 4.445 meter). Volgens internasionale resensies, maak die derde ry in die XL6 die voertuig net soveel meer prakties. In werklikheid word dit beskou as een van die ruimste op die mark wanneer dit kom by agterste beenruimte.
Die tweede ry is uiters ruim met uitgerekte beenspasie, kan die derde ry gemaklik mense onder 1.7 meter huisves, terwyl selfs die sitplekke in die laasgenoemde ry aangepas kan word volgens die insittendes se wense. As slegs die eerste twee rye nodig is, kan die derde ry neergevou word om die bagasieruimte te vergroot vanaf 209 liter tot 550 liter.
Die middelste ry sal bestaan uit twee individuele sitplekke, eerder as een soliede sitplek ry, terwyl die derde ry uit ’n soliede bank sal bestaan. Die derde ry kan egter in ‘n 50:50 verdeling neergevou word om vir 5 passasiere en meer bagasie spasie te maak.
Alle XL6 modelle sal aangedryf word deur die betroubare 1.5 liter petrol enjin, met die vermoë van 77 kW en 138 Nm. Alhoewel hierdie enjins oor die algemeen höe revolusies het, is dit reeds bewys dat dit betroubaar en lig op brandstof is. Beide die handrat en die outomatiese weergawes word gesê om ‘n brandstofverbruik van ongeveer 6 liter per 100 km te lewer. Terwyl vervaardigers geneig is om hierdie syfers te oordryf, het ons bevind dat Suzuki se syfers redelik naby aan werklike toestande is. Die ware syfer sal verskaf word gedurende ons formele toets met die XL6.
Veir modelle om van te kies:
Die XL6 sal in 4 afgeleides verkoop word, ‘n vyfgang handrat of ‘n viergang outomaties, of in die GL of GLX afwerking. Elkeen van hierdie modelle sal verkoop word met LED kop-, stert- en misligte. Op ‘n soortgelyke wyse sal elkeen van die GL en GLX modelle ook kleurgekodeerde sykante en geïntegreerde draaikopligte hê. Hierdie spieëls kan ook elektronies aangepas word.
Met grondvryheid wat ‘n ander belangrike faktor is vir Suid-Afrikaanse kopers, sal die XL6 180 mm van die grond af staan met 185/65 15-duim legeringswiele op beide modelle. Elke XL6 sal selfs ’n vol-grootte spaarwiel hê.
Suzuki het ook nie geskroom om ander “lekker om te hê” funksies by te voeg nie, selfs die instapmodel GL modelle sal ‘n 7″ aanraakskerm hê, met (jy het dit gerade) ses luidsprekers, en die nuutste telefoon konnektiwiteit (Android Auto en Apple CarPlay). Die GL model het selfs ‘n agteruitsig kamera.
Elektriese vensters, lugreëling (agterste handrat lugverkoeling), (nie 1 nie, maar 3) 12 Volt stopkontakke, ‘n USB-poort, sleutelloze toegang en sentrale sluiting, sowel as ‘n sleutellose begin/stop funksie, sal ook standaard wees.
Die GLX model sal ‘n leerbedekte interieur (sitplekke en stuurwiel) byvoeg, terwyl outomatiese koplamppe en sleutelbediende inklapbare spieëls ook bygevoeg sal word.
Veiligheidskenmerke:
Die HEARTECT-stelsel is ingesluit vir die XL6, wat beteken dat hoewel die XL6 redelik lig van gewig sal wees, dit bewys is dat dit ‘n sterk chassis het. Verder sal die XL6 ook kom met ABS (met EBD), dubbele lugbeskermers en ESP. Die XL6 is ook veilig gemaak vir kinders in die agtersitplekke, met ISOFIX-punte en kinderslot agterdeure wat aangepas is.
Selfs nog verbysterender, selfs die GL outomatiese modelle sal hellingbeheer, ‘n alarm en ‘n hooggeplaaste stoplamp hê.
Die XL6-reeks sal verkoop word met ‘n vyfjaar / 200 000 km waarborg en ‘n vierjaar / 60 000 km diensplan.
Pryse sal soos volg wees:
- 1.5 GL (handrat) = R326 900
- 1.5 GL (outomaties) = R345 900
- 1.5 GLX (handrat) = R341 900
- 1.5 GLX (outomaties) = R360 900