Suzuki Afrikaans
Nuwe Suzuki Jimny vs. Grand Vitara
Beide die Suzuki Jimny en Grand Vitara is uitstekende voertuie, maar wat kies ek?
Een staan bekend as die “bergbok” / “klipspringer” en is geprys tussen R329 900 en R389 900, terwyl die ander meer bekend staan as Suzuki se kroon SUV; geprys tussen R347 900 en R542 900. Die vraag op meeste se tonge: “Siende dat die nuwe Suzuki Jimny 5-deur nou uit is, het Suzuki nie hulself in die voet geskiet en die Grand Vitara heeltemal irrelevant gemaak nie?”
Padtoets: 2023 Suzuki Grand Vitara
Dit is deesdae bykans ongehoord om ’n Suzuki artikel te lees, of ’n video te kyk, waar die Maruti vennootskap tussen Suzuki en Toyota nie genoem word nie. Ons het dit ook al etlike kere genoem, so laat ons dus nie nog ’n artikel gebruik om aandag hieraan te bestee nie.
Bekendstelling: 2023 Suzuki XL6
Suzuki Suid-Afrika het onlangs ’n geweldige besige en suksesvolle twee weke gehad; nie net in terme van verkoop syfers nie, maar ook in terme van die nuwe modelle wat dit op die mark bekendstel gestel was. Vanjaar alleen het die huidige derde beste passasier voertuigverkoper in die land al die Eeco bekend gestel, sowel as die kompakte SUV, die Fronx. Verder het die vervaardig nog opgraderings tot hul huidige modelle gebring.
Nuwe Suzuki Fronx indrukke
Augustus was beslis ‘n merkwaardige maand vir Suzuki Suid Afrika. In Julie het Suzuki Suid Afika hul 201 417e nuwe voertuig verkoop, sedert die vervaardiger weer in die land ingekom het (2008). Net ses-jaar terug (Augustus 2017) het hierdie verkoopsgetal op 50 000 gestaan. In die afgelope jaar alleen, het die vervaardiger net soveel voertuie verkoop.
Bekendstellings verslag: Die derde generasie Suzuki Grand Vitara is hier
Die Grand Vitara naam is terug! Die laaste paar jaar het ons die Vitara en Vitara Brezza name gehoor en gesien. Dit was een van die redes waarom die Japanse vervaardiger so suksesvol in Suid-Afrika was. Die Grand Vitara-naam keer nou terug na dieSuidelike deel van die vasteland, om nie net Suzuki se luukse aanbiedings voort te bou nie, maar ook om nuwe en opwindende meganiese tegnologieë te bring.