Augustus was beslis ‘n merkwaardige maand vir Suzuki Suid Afrika. In Julie het Suzuki Suid Afika hul 201 417e nuwe voertuig verkoop, sedert die vervaardiger weer in die land ingekom het (2008). Net ses-jaar terug (Augustus 2017) het hierdie verkoopsgetal op 50 000 gestaan. In die afgelope jaar alleen, het die vervaardiger net soveel voertuie verkoop.
Met inflasie en basiese onderhouds kostes, wat drasties styg, word daar al hoe meer waarde gesien in Suzuki se voertuie, siende dat dit geweldige goeie waarde vir geld bied. Hierdie kan statisties bewys word deur die algehele daal (9.7%) van passasiers voertuig verkope in die afgelope jaar. In kontras met dit, het Suzuki 9.26% meer voertuie verkoop. Suzuki hou nou algeheel ‘n 14.9% markaandeel in die passasier segment.
Dit bring ons uiteindelik uit by die Fronx.
Hoewel die kompakte SUV mark geweldig mededingend is, is voertuie se pryse nog relatief hoog, met addisionele ekstra’s, wat verdere finansiële druk op die verbruiker plaas. Dit is bykans onmoontlik om ’n nuwe SUV, en selfs enige voertuig, onder die R350 000 merk te koop.
Dit is hier, waar die Fronx model inkom, en die mededingers se kopsere begin.
Soortgelyk aan hul ander model reekse, bring Suzuki die Fonx uit in beide ‘n (intreevlak) GL model, sowel as ’n GLX. Waar ander vervaardigers geneë is om die beste aanvoegsels vir hul top modelle te hou, kom die GL modelle reeds met baie standaard toerusting, standaard.
Die GL-model kom selfs met 16-duim allooi wiele, outomatiese LED hoofligte, ’n gebruikersvriendelike raakskerm, klimaat beheer, a leer-bekleedte stuurwiel, draadlose Apple CarPlay, ’n trurat kamera, spoed beheer, en twee USB (1 Tipe-A en 1 Tipe-C) punte. Hierdie funksies is bykans ongehoord van in ander intreevlak modelle. Daar sal twee GL modelle beskikbaar wees, met die 5-spoed handrat, wat teen R279 900 sal verkoop, terwyl die 4-spoed outomaties teen R299 900 verkoop sal word.
Die GLX reeks sal ietwat duurder wees, maark kry ‘n 9-duim raakskerm, ‘, 4.2-duim digitale informasie skerm (vir informasie soos brandstof verbruik en spoed), sleutellose ontsluiting, ’n stop / start knop, sowel as ‘n 360-grade kamera. Die 5-spoed handrat GLX sal verkoop vir R315 900, terwyl die 4-spoed outomaties sal gaan vir R335 900.
Ons indrukke
Aanhangers van die Baleno sal agterkom dat die Fronx omtrent ewe groot vertoon. Dit is omdat die Fronx model basies ’n Baleno is, met ’n höer ryvlak hoogte (170mm in totaal). Die suspensie en bande is dus opgegradeer, met die Fronx, wat met 195/60/16 allooi wiele uitkom. Hierdie band profiel maak die voertuig meer gepas vir beide die grondpad, sowel as die teerpad.
Soos met vele ander Suzuki modelle, word die Fronx ook gedryf deur ‘n 1500cc (1.5 liter) petrol enjin. Hoewel daar ’n tekort is aan ’n turbo, verlaag dit die aankoop prys, sowel as die algehele onderhouds kostes.
Dus skop die Fronx se eenheid 77kW en 138Nm uit, wat effe sal aanvra vir höer ratte of höer revolusies, veral as dit by steiltes, soos die Bainskloofpas kom. Die 1.5 liter enjin is egter ‘gelukiger’ in die höer revolusies, en is ook nie regtig vervaardig om die spoed rekord te breek nie.
Soortgelyk aan ander Suzuki’s soos die Baleno, is beide die 5-spoed handrat en 4-spoed outomaties goed gepas vir die enjin verhouding. Rat wisselings is seepglad, wat die bestuurder meer versekering in ruil gee. Hoewel beide die handrat, sowel as die outomatiese ratkaste voldoende is, is die 5-spoed handrat meer gepas vir die oopgestrekte paaie, waar ’n höer spoed aangevra word.
Ons bekendstellings roete oor ’n sopnat Bainskloof Pas het ’n goeie geleentheid gebied om die Fonx se algehele stabiliteit en padhouvermöe te toets. Die voertuig het op geen stadium onveilig gevoel nie, terwyl die vering sag en gerusstellend is.
Uiteindelik bring dit ons uit by die veiligheid van die Fronx. Net omdat dit so goed geprys is, beteken nie dat Suzuki skraps was met veiligheid satndaarde nie. Elk van die modelle sal uitkom met ABS (met EBD), elektroniese stabiliteits beheer, en twee lugsakke vir die voorste insittendes.
Die GLX sal nog vier lugsakke bybring.
Suzuki het eksponensieël gegroei sedert 2017, en na ons onlangse toets met die Fronx, verstaan ons presies waarom. Die handelsmerk bied iets vir almal, vannaf ’n eerste koper, student, klein besigheid, familie van 6, of selfs net iemand, wat in gemak die pad wil aandurf.
Dankie
Baie snaakse naam
👍
👍
FANTASTIES!!!!!!!!!