Volvo se EX30 ’n revolusionêre nuwe voertuig: Is dit te goed om waar te wees?
Volvo het reeds hul planne vir EVs (Elektriese voertuie) duidelik gemaak, met die Sweedse vervaardiger wat teen 2030 net EVs sal vervaardig. Kort na die globale bekendstelling het Volvo nou die die splinternuwe EX30 na Suider-Afrika gebring. Hierdie voertuig beloof om nie net koppe te laat draai nie, maar ook die aantrekkingskrag tot EVs te vermeerder.
Dit is selde dat ’n EV tans in Suider-Afrika teen minder as R1 miljoen verkoop word, om nie eers die EVs van luukse vervaardigers te noem nie. Volvo het egter nou hierdie siening verander, met pryse vir die EX30 wat teen ’n skrale (in EV terme) R775 900 begin. Dit is bykans ongehoord… net die Chinese se klein EVs kan tans hiermee meeding.
Die goeie nuus eindig egter nie daar nie.
Teen 3.6 sekondes van 0-100km/h is hierdie ook die vinnigste Volvo, ooit. Dit is ook nie asof die voertuig net ’n kort afstand sal kan ry nie. Volvo noem dat die EX30 ’n afstand van 480km sal kan aflê op ’n enkele laai siklus.
Maar ongelukkig is daar ’n slegte kant aan hierdie storie; kopers sal eers aan die begin van 2024 hul voertuie kan kry. Die voorafbestellings maak egter 8 Junie 2023 oop.
Teen 4233mm in lengte, 1836mm breed, en 1555mm hoog, is die EX30 eintlik ’n skrale paar millimeters breër en langer as ’n gewone luikrug model. Waar die EX30 egter uitstaan, is die hoogte. Die EX30 is maar net 192mm korter as die XC40 (klein SUV).
Verder is die EX30 van buite en binne gebou van herwinbare materiaal, en sal die voertuig in drie modelle verkoop word, naamlik die Core, Plus en Ultra.
Hier is hoe die verskillende EX30 modelle teen mekaar sal opmeet in terme van spoed, kraglewering, en totale battery afstand (ons sal egter hierdie syfers bevestig tydens ons toets):
Model | 0-100km/h | Top snel. | Battery | Afstand |
EX30 Core (enkele motor) | 5.7 sec | 180km/h | 51 kWh | 344km |
EX30 Plus (enkele motor ER) | 5.3 sec | 180km/h | 69kWh | 480km |
EX30 Plus (dubbele Motor) Performance | 3.6 sec | 180km/h | 69kWh | 460km |
EX30 Ultra (Enkele motor) ER | 5.3 sec | 180km/h | 69kWh | 480km |
EX30 Ultra (dubbele motor) Performance | 3.6 sec | 180km/h | 69kWh | 460km |
Die enkele motor (ER) modele met ‘n 69kWh battery sal 200kW en 343Nm lewer, terwyl die dubbele motor 69kWh eenhede, 315kW en 543 Nm sal lewer. Die enkele motor 51kWh eenhede sal ook 200kW em 343 Nm uitskop.
Die verskillende modelle:
Die Core model sal standaard kom met Volvo se Safe Space funksie uitkom, 2 NFC kaarte, LED hoofligte, die THOR handelsmerk, bestuurders profiele, agter sensors, ’n trurat kamera, outomatiese spoed beheer, en 18” allooi wiele.
Die Plus modelle sal verkoop word met al die Core modelle se funksies, sowel as met ’n Harman Kardon klank sisteem, ’n digitale sleutel, ’n elektriese kattebak deur, panoramiese sondak, parkering sensors, dubbele klimaat beheer, parkering bystand, draadlose laai funksionaliteit, en 19 duim allooi wiele.
Die Ultra modelle sal verkoop word met al die Core en Plus funksies, sowel as met ’n panoramiese sondak, ‘n 360-grade kamera met kant-sensors, elektriese sitplekke (met ’n geheue-verstelling), parkering-bystand, en 20” allooi wiele.
Veiligheid
Volvo is die voorstaander as dit kom by veiligheid en met die EX30 is dit geensins anders nie. Die voertuig sal voetgangers en fietsryers waarsku van sy teenwoordigheid, deur om ’n lae akoestiese noot van buite te laat weerklink. Hierdie noot sal nie oorverdowend wees soos ’n sirene nie, maar egter net die bystanders bewus maak.
Verder is Volvo die eerste handelsmerk, wat die baan verwisselings waarskuwing uitgebring het en die EX30 sal die tradisie sterk volhou. Tot vandag is hierdie tegnologie in die Volvo die mees akkurraat van alle vervaardigers. Die voertuig sal selfs vanself kan waarneem indien daar ’n voertuig van voor af kom en die EX30 terugstuur in die korrekte baan.
Laastens sal die EX30 ook kan waarsku indien daar enige insittendes in die voertuig vergeet is, soos byvoorbeeld ’n kind.
By NamWheels is ons uiters opgewonde oor die voertuig. Nie net het Volvo dit reg gekry om ’n elektriese voertuig na Suider-Afrika te bring nie, maar ook die vinnigste Volvo nog, wat nie net uiters prakties is nie, maar ook geweldig goed op die bankkaart.