Klein EVs nou vir onder die R1 miljoen merk
Kopers het deesdae meer keuses tussen elektriese voertuie (EV), terwyl hierdie voertuie ook kleiner en goedkoper word. Net so verbreed die laai infrastruktuur ook. Hierdie is grootliks te danke aan die Sjinese se invloed. EV produkte word nie meer net aan die eksklusiewe mark gebied nie.