Kaapstad word tans beoog om die eerste Suid-Afrikaanse stad te word, wat gasheer sal speel vir ‘n Formule E ren. Op 26 Februarie 2022 sal Suid Afrika dus vir die eerste keer sedert 1993 ‘n enkel-sitplek FIA Wêreldkampioenskap ren aanbied. Die agste seisoen van hierdie naelbytende kampioenskap sal ook die stede van Vancouver, Kanada en Seoul, Suid Korea, vir die eerste keer verwelkom.
Jaguar, wat tans die bestuurders kampioenskap lei na die naweek se New-York renne, was een van die groot ondersteuners van die projek, in samewerking met die Wes-Kaapse e-Movement, asook die Stad Kaapstad self.
Ian Banner, die voorsitter van die e-Movement beweging was vining om sy lof uit te spreek na ‘n twee jaar proses, terwyl die burgemeester van Kaapstad, Dan Plato, hierdie as ‘n uitstekende geleentheid vir Kaapstad beskryf het om nie net die plaaslike ekonomie te help nie, maar ook die stad te posisioneer as ‘n voorstaander van innovasie.
![](https://www.namwheels.com/wp-content/uploads/2021/07/namwheels_formula-e-cape-town-2022_04.jpg)
Suid Afrika is vining besig om weer ‘n groot naam in die Internasionale motorsport wêreld te word nadat dit drie baie suksesvolle eind rondtes van die Wêreld “Rallycross” kampioennkap rondtes, sowel as twee 9-ure van Kyalami renne aangebied het.
Selfs die Wêreld uithouren kampioenskap sowel as Formule een het nou hul vesier op die land.
Sedert die eerste Formule E resies in 2014, het nie net die sport self gegroei nie, maar ook die tegnologiese innovasie, wat huidiglik in padvoertuie gebruik word. Nie net het die kampioenskap 12 spanne en 24 bestuurders in toetaal nie, maar betrek di took van die grootse vervaardigers in die wêreld. Huidiglik is die Mercedes-EQ span, Porschem BMW Andretti, Mahindra, Jaguar en Nissan edams maar net ‘n paar van die groot name in die sport.
![](https://www.namwheels.com/wp-content/uploads/2021/07/namwheels_formula-e-cape-town-2022_03.jpg)
Die kampioenskap het ook al so suksesvol ontwikkel dat die huidige Gen2 renmotor, 250kW se krag kan lewer en dus vanaf 0-100km/h kan versnel in net 2.8 sekondes. Die battery energie van die Gen2 voertuie tans beteken ook dat bestuurders nie meer in die middel van ‘n ren hoef oor te spring na ‘n volgelaaide voertuig nie.
Die wedrenne self is ook gewoontlik bitter naby, met geen beslissende wenner, wat gereken word as die gunsteling nie. Tans staan Jaguar se Sam Bird en Mercedes se Nyck de Vries as die enigste jaers, wat al twee keer die seisoen gewen het.
Teks: Franco Theron en Junaid Samodien
Foto’s: ABB FIA Formule E kampioenskap