Kaapstad maak gereed vir Formule E

Kaapstad word tans beoog om die eerste Suid-Afrikaanse stad te word, wat gasheer sal speel vir ‘n Formule E ren. Op 26 Februarie 2022 sal Suid Afrika dus vir die eerste keer sedert 1993 ‘n enkel-sitplek FIA Wêreldkampioenskap ren aanbied. Die agste seisoen van hierdie naelbytende kampioenskap sal ook die stede van Vancouver, Kanada en Seoul, Suid Korea, vir die eerste keer verwelkom. 

Read more

Pam Brink, Peugeot en Lüderitz

As jong student in die sestigerjare het my paaie met die legendariese dominee Pam Brink gekruis.

Pam Brink was van 1950 tot ongeveer 1954 ‘n jong predikant op Lüderitz voordat hy ‘n beroep in Arusha, Tanganjika, aan die ander kant van Afrika aangeneem het. Maar dit was op Lüderitz wat die predikant, by wyse van spreke, tot “bekering” gekom het. Dit was nou toe hy Peugeot ontdek het!

Read more

Spesiale Verslag: Tata Ekonomie Rit

2,100km met net 120 liter se voggies – is dit moontlik?

2,100km met net 120 liter brand-stof… Dis die uitdaging wat Tata gestel het vir ’n oorland-rit ‘n paar weke gelede vanaf net duskant Beitbrug tot digby die suidelikste punt van Afrika, Kaap Agulhas. Dis soortgelyk aan die teerpad-afstand vanaf Ruacana na Swakop (700km), dan daarvandaan oor Windhoek en Keetmanshoop na Lüderitz (1,200km), en weer terug na Keetmans…

Read more

Bekendstelling: Honda Civic Type R

Honda se nuwe Blits!

In hierdie tye van besparing en kommer oor skadelike gasse kan mens wonder of daar nog ‘n aanvraag is vir opgewarmde sportiewe luikrugmodelle wat gebou is vir spoed eerder as ekonomie. Maar as jy na die lys van aanbiedings op die mark kyk is daar nogal heelwat. Die bekendste is seker Volkswagen se Golf GTI wat al lank met ons is. Dan is daar ook die Opel Astra OPC en die Renault Megane RS en later in 2016 kom die Ford Focus ST.

Read more

Bekendstelling: Nissan Micra [2011]

Maar nou eintlik ‘n Macro!

Dit is nou ‘n hele paar jaar al wat die Nissan Micra op die toneel is. Met die bekendstelling van die reeks destyds, het ek gedink dat die bakvorm effens soos dié van die Nuwe Kewer gelyk het. Maar daar was ‘n groot verskil want hy was ook as ‘n vierdeurmodel beskikbaar.

Read more

Padtoets: Toyota Auris XD

Lang bene vir die langpad

Toyota se nuwe Auris X-reeks is al so ‘n rukkie tevore bekend gestel. Nou onlangs het ons die XD-model in die reeks getoets en is vol lofgesange vir die “nuwe” Japanner wat ‘n paar nuwe eienskappe het wat hom van sy voorganger onderskei: Dinge soos ‘n nuwe enjinkap, flikkerligte in die syspieël, voorbuffer en sierrooster en hoofligte wat hom ‘n breëbors laat lyk.

Read more

Dakar 2010

Dakar 2010: Volkswagen doen dit weer!

Ná veertien dae en 9 000 km in Suid-Amerika het Volkswagen met sy renweergawe-Touaregs dit weereens gedoen; hulle het die eerste drie plekke in die wêreld se taaiste tydren gewen!

Read more