“My ou Defender kon nie dit doen nie…”

Artikel: Nico Boshoff / Franco Theron • Foto’s: Nico Boshoff / Land Rover Suid Afrika



“My ou Defender kon nie dit doen nie…”. Hierdie sin greep is vele kere herhaal tydens ons mees onlangse 3-dag Mzansi Edge Ekspedisie met die splinternuwe Land Rover Defender.

Ons onlangse toets met die nuwe Defender het bewys dat hoewel die ou en die nuwe Defender modelle massiewe generasiegapings het, behou die nuwe Defender steeds dieselfde identiteit. Soortgelyk, stel die nuwe Defender ons nou aan ‘n nuwe wêreld van alle tereinvoertuie, nes die Defender oorspronklik gedoen het.

Jaguar Land Rover het ons genooi om ‘n segment van die 70 dag, 10 000km Mzansi Edge Ekspedisie by te woon in die Wes-Kaap. Hierdie ekspedisie word gelei deur die wêreld bekende Kingsley Holgate en seun, Ross Holgate. Hierdie geleentheid bied hulle ook die geleentheid om die nuwe Defender in die mees uitdagende toestande te toets.

Gedurdende hierdie ekspedisie beoog Land Rover om saam met die “Feeding the Wildlife Community” organisasie te steun en voiding aan vele gemeenskappe te skenk. Die ekspedisie bied ook gesig maskers, seep en digitale termometers aan families in nood.

Hiervoor het hulle 2 splinternuwe Defenders ontvang en ons het by hulle aangesluit vir ‘n 3-dag ekskursie deur die Wes-Kaap.

Met die ontmoeting is ons die sleutels van die vlagskip P400S toegerus en gevra om ‘n string joernalis Defender’s na Bainskloof te volg. Die teerpad was ‘n plesier vir die P400S, met die3.0 liter, 6 silinder petrol (294kW/ 550Nm) enjin, wat hierdie Defender teen gemak oor die pad laat sweef. Dit is hier, waar die ou Defender moontlik nie so seep glad sou loop nie. Terselfdetyd kan hierdie einste model ook ‘n topspoed van 191km/h en ‘n gerekende 0-100km/h tyd van 6.4 sekondes behaal. Nie noodwendig iets wat die ou Defender sou kon doen nie.

Neem die nuwe Defender na die meer uitdagende grond oppervlaktes en die modern tegnologie sal van enige grondpad amateur ‘n kenner maak. Hierdie is te danke aan ‘n elektroniese lug suspensie (wat kan sak en lig met ‘n speling van 185mm om aan te pas by die grondoppervlakte), elektroniese differensiaal, geprogrameerde oppervlak reaksies, ‘n 3D kamera, waadvoeling, ‘n elektroniese tri-spieëltjie, “ClearSight Ground view”, en dan natuurlik funksies soos “Hill Hold Assist” en “Hill Descent control”.

Nog ‘n merkwaardige funksie van die nuwe Defender is dat dit ‘n grondvlak hoogte van 218mm het en tot ‘n merkwaardige 291mm kan styg. Hierdie veroorsaak dat die Defender 110 ‘n naderings gradient van 30.1 (38 met volle grondvlakhoogte) grade en ‘n verlatings gradient van 37.7 (40 met volle grondvlakhoogte) het. Hierdie beteken dat die Defender ‘n totale opgangs en afkoms gradient van 45 grade kan aanpak, sowel as ‘n 45 grade sywaartse ongelykheid.

Die grondpad vir die eerste dag het ons deur die Sederberge geneem, met die eind bestemming by Kromrivier. Hier het Kingsley ons vir ure besig gehou met kampvuur stories, asook sy persoonlike erkenning aan die nuwe model. Hy het immers al 5000 harde kilometers onder die regtervoet met die nuwe model.

Die volgende dag het ons na die Grootkloof primêre skool geneem, waar voedings pakke afgelewer is aan families. Van daar is ons na Lambertsbaai om aan te sit vir middagete by die Isabella’s restaurant. Met 30-plus dae wat nog voorlê vir die Holgates, is hulle gegroet en het ons paaie geskei.

Met die wiele weer aan die rol, is verdere geleentheid gebied om die Defender te ondersoek. Dit het al hoe meer duidelik geword dat Land Rover aan die kleinste ‘details’ gedink het met klein ge-rubberiseerde kompartemente in beide die deure en voorstel panele.

Verder kom elke 90 (geskeduleer vir 2021) en 110 model standaard met permanente vier-wiel trek met hoë- en lae oordraratkas, lug suspensie, grond oppervlak sensors, LED hoofligte, navigasie, 3D kamera’s, ‘n 10-duim informasie skerm, sowel as Android Auto en Apple CarPlay konnektiwiteit. Elk van die Defenders ko mook met ‘n sleepgadde en beproefde 8-spoed outomatiese ratkas.

Boonop kan kopers kies tussen vyf, ses of vyf + twee sitplek organisering. Agter die tweede ry sitplekke is 1,075 liter se pakplek beskikbaar, met 2380 liter sodra die tweede ry platgeslaan word.

Met ons tweede oornag stop by die Strandloper, Paternoster, het ons die sleutels van die P400s ingeruil vir die D240 (first edition). Anders as die P400s, huisves hierdie spesifieke model ‘n 2 liter, 4 silinder diesel enjin met 177kW en 430Nm. Ook anders as die P400s, waar die 550Nm beskikbaar is tussen 2000 -5000 opm, is die 430Nm van die D240 beskikbaar teen 1400 opm. Dus is die enjin geensins lui nie.

‘n Mistige weskus klimaat het ons gegroet vir die laaste oggend van ons ekspedisie en is ons aangepor om die 4×4 funksionaliteit te gaan uittoets. Hierdie word gesien as geen uitdaging vir die nuwe model nie, siende dat die tegnologiese funksies toelaat dat die bestuurder sonder enige voete op die pedale, redelik uitdagende styltes kan aanpak.

Skakel net die ATPC (All Terrain Progress Control) aan en die voertuig doen al die werk vir jou. Dit handhaaf vanself ‘n veilige spoed en vermeerder traksie beheer. Elk van hierdie funksies laat in werklikheid toe dat die bestuurder meer kan fokus op die terrein. Die nuwe skulpkonstruksie onderstel maak hierdie nuwe Defender ook die mees 4×4 toegerusde voertuig nog vir die Land Rover groep.

Dit neem sterk moed om ‘n ikoon op te dateer, met verskei vervaardigers, wat al dieselfde probeer het. Daar sal altyd dié wees met die oortuiging dat die ouer, beter is; en met goeie begrip. Die Defender, waarmee Land Rover hul naam gevestig het was ‘n revolusionêre voertuig gewees vir daardie tydperk, maar nes als in die lewe, beweeg tyd aan en hernuwing word benodig.

Land Rover het ‘n uitsekende werk gedoen om ‘n nuwe revolusionêre voertuig te skep, wat effe voor sy tyd is. Die uiteindelike mikpunt is om innoverend te wees en die waters te toets (letterlik). Hierin het Land Rover hul taak goed gekwyt.

Pakkette en pryse:

Die nuwe Defender is beskikbaar met ‘n opsie van vier pakette:

  • Die Explorer pakket: Hierdie pakket sluit vergrootte luginlatings, ‘n dakrak (vir tot en met 132kg), ‘n 24 liter gereedskap boks langs die agtervenster, matte swart enjinkap afwerkings en wielnis beskerming.
  • Die Adventure pakket: Hierdie pakket sluit ‘n draagbare water spoel boks, ‘n 20 liter rugsak, voor- en agter modderskerms, ‘n spaar wiel omslag, ‘n geïntigreerde lug kompressie sisteem vir elk van die bande, asook die 24 liter gereedskap boks in.
  • Die Country pakket sluit modderskerms vir elk van die wiele, ‘n kattebak partisie, wielnis beskerming en ‘n draagbare water spoel boks in.
  • Die Urban pakket sluit metaal pedale, ‘n spaar wiel omslag, en stedelike bakwerk in.

Hier volg die pryse van die nuwe Defender modelle:

  • Defender 110 177kW D240                                         R1,050,100
  • Defender 110 177kW D240 S                                      R1,096,100
  • Defender 110 177kW D240 SE                                    R1,155,600
  • Defender 110 177kW D240 HSE                                 R1,259,800
  • Defender 110 177kW D240 First Edition                   R1,260,600
  • Defender 110 221kW P300 Standard                        R1,050,100
  • Defender 110 221kW P300 S                                       R1,096,100
  • Defender 110 221kW P300 SE                                    R1,155,600
  • Defender 110 221kW P300 HSE                                  R1,259,800
  • Defender 110 294kW P400                                          R1,187,000
  • Defender 110 294kW P400 S                                       R1,224,200
  • Defender 110 294kW P400 SE                                    R1,286,700
  • Defender 110 294kW P400 HSE                                  R1,387,900
  • Defender 110 294kW P400 First Edition                   R1,377,100
  • Defender 110 294kW P400 X                                      R1,574,500

Leave a Comment